Anderse ervaringe/gebeure (Medium Sue)
(en wat ons verlei is verkies om nie te analiseer nie, soos in vrees voorges/afgedwing)

Hierdie afdeling is oop vir enigeen om bydraes te stuur of aan die besprekings deel te neem: moenie warrie  oor taalinhoud en spelling nie, Aruan sal dit voor plasing nagaan en verstel, waarop Aruan dit op die werf sal plaas. Stuur enige bydrae of kommentaar aan Aruan .

Waar sal ek begin? Ek het baie van hierdie ervaringe, genoeg om talle boeke vol te maak, en van my kennisse het veel meer as  ek: terloops, ek nooi hulle en enigeen om hier bydrae te lewer? Wat van n sub-afdeling van jou eie?

Ek begin maar hier:

Medium Sue: Sue is n baie ervare medium, wat vrylik met ons Ander Kant kommunikeer via haar Gids, Grey Eagle.

   ...ek het het op n Sodagmre wakker geword. Dit asof  duidelike woorde saam met my wakker geword het:
 Aruan, gaan na die Benoni Stadsaal en gaan luister daar na ene Sue.
   Nou: ek het nie n Sue geken nie, nie geweet wie sy is nie, maar waarom sal ek nie gehoor gee aan hierdie uitsonderlike versoek en nie gaan nie?
   Toe ek opstaan vind ek ek kan omtrent nie loop nie: my rug was styf en baie seer: dit het later geblyk n rugwerwel het n senuwee vasgeknyp.
   Ek is met behulp van n kierie na my vrou, wat in die sitkamer was, en ek vertel haar.
   Gaan jy? vra sy.
   Hoekom nie, antwoord ek, ek het tog geen relings vir vandag nie en ek wil gaan. Gaan jy saam?
   Jy moet van jou kop af weesek gaan nie saam nie!"
   Sy het my met my rug gehelp, pille, kapoefa salf (daai skerpruikende spiersalf),  rooi lamp, massering, en ek kon sonder pyn beweeg. Toe moes sy my help stort. Hinke-pinke is ek toe Benoni toe.
Daar aangekom merk ek dit is n psigiese skou, waar diegene wat hul dienste beskikbaar stel by tafeltjies sit en navraers te woord staan. Daar word ook kort-kort aparte onderwerpsessies gehou, waar een-of-ander psigiese onderwerp voorgedra/bespreek word. Ek verneem by die deur dat Sue om elf uur n demonstrasie van kontak met die Ander Kant sou gee.
   Ek verneem toe sy praat in 'n sysaal langs die verhoog.  
   Sue is 'n medium wat met die Ander Kant kontak het.
   Ek sukkel teen die trappe na die verhoog op met my gekrokte rug en kierie. In die saaltjie aangekom, is ek alleen.
   Ek loer onder die tafel in, onder die twee stoele daar en onder die eerste twee rye se stoele: ek soek mikrofone: mense s mos hierdie mense vra jou vooraf vrae en maak dan 'n vooraf-opname van wat jy antwoord. Ek wonder toe hoe gaan sy 100 mense se antwoorde binne 'n paar minute opneem, daarna luister en memoriseer. 'Maggies, dit sal so briljant wees, dat kontak met die Ander Kant nie nodig sal wees nie. Einstein sou skaam kry. My mense darem...verdagmaak is hul kos, en natuurlik het die waarheid nie plek in hul vreesvolle verdagmaak nie. Ek wonder wie en waar is met hierdie onware verdagmakery begin, en hoekom ons/my mense glo hulle kan hul godegeloof beskerm deur leuens en verdagmakery? Ek weet toe daar is geen mikrofone en skelm apparaat nie, tewens daar is niks behalwe 'n tafel en stoele.
   Wat toe gebeur het kon ek nie daarna verklaar nie. Destyds, natuurlik.
   Ek is weggevoer. Vr weg.
  
 Toe ek bykom, is die saal vol mense. Al die stoele is beset. In die bre deur staan 'n klomp mense.
 
 
  'n Vrou in haar middeljare kom ingeloop.
   "I am Sue. I am doing this since I am a child. It is a gift I have, Let us begin..." 
   Sy begin agter. 'n Paar mense in die deuropening word uitgesonder en sy s vir 'n vrou in die deur: "Agter jou staan 'n vrou met grys hare, korterig...sy hou van groot oorbelle...en sy dra baie ringe...sy lag graag..."
   "Dis my ouma!" gil die vrou en bars in trane uit.
   "Jou ouma...haar naam was Mary...sy s sy is baie gelukkig waar sy is...vra jy moet groete s aan Jorge...wie is Jorge?"
   "Dis my broer!" En nou huil die vrou hard en baie.
   "Jorge sal die pad vind...hy is uiters intelligent, maar hardkoppig..."
   "Ja," s die vrou snikkend.
   "Jorge sal 'n groot kalmte binnegaan...hy is eintlik baie geseend...hy sal ook hierdie dinge begin sien...ervaar...nie weet wat om daarmee te maak nie...maar hy en een van sy kinders sal groot dinge insake die Nuwe Aarde en Nuwe Mens van Ander Kant af oordra. Moet jy nou net nie vir Jorge ontstel nie. Weet dit net en moenie te veel met hom oor hierdie dinge en godsdiens  stry nie. Sy gids van Ander Kant af sal wel met hom kontak. Hy word gereed gemaak daarvoor."
   Toe sien sy iemand agter 'n ander  persoon en gaan aan.
   Later is daar 'n hond, en die vrou raak verskriklik emosioneel as sy s dis haar hondjie gwees...
   "Nee," s Sue, "dis steeds jou hond...en die hondjie s sy wag vir jou..."
   Later steek Sue vas en vra: "Wie het 'n aap gehad? Hier is 'n aap wat heeltyd tussen ons rondhardloop."
  En 'n man raak betrokke, vertel van sy oupa se aap wat eintlik sy aap en speelmaat geword het.
   Ens.
 

   Te veel gebeurtenisse, agtergronde en trane om vooraf beplan te gewees het. Nee, hier is iets aan die gebeur wat ek nog nie verken het nie...iets waarvoor ek in bangmaak en verdagmakery vanaf weggehou is: is dit moontlik dat langs die pad iemand ons, en so ook m, bepland daarvan wou weghou? sodat ons nie sekere feite en waarhede agterkom nie? Is dit moontlik dat iemand uit ons verlede ons bepland van hierdie/ons Ander Kant af wou/wil weghou? ons so bang gemaak het daarvoor dat ons in VREES daarvan sou wegskram? Is ek deur iemand en groepe mislei? Hoekom?*
   Ek het diep gaan dink.
   Was my besoek aan hierdie kontakmaking toevallig? Nooit! Die boodskap by my wakker word was nt te duidelik.
   Metterwoon besef ek toe dat ek in die jare nentig die hele idee en saak rondom God baie deeglik begin bevraag het. Op 'n dag het iets tot my deurgekom nl dat ek gerus my bevraginge in skrif kan neerpen, ordelik, dan kan ek mos so na 'n kant toe kom. En ek doen dit toe. Die boek, EK VRA NA GOD, het hieruit voortgespruit. Ek het die boek 'n klomp jare gelede op my werf genaamd God-forum.co.za gepubliseer. Toe ek egter finansieel swaar begin trek, kon ek nie meer met die publikasie volhou nie, veral ook nadat ek 'n ineestorting en ligte beroerte gedurende 2009 gehad het.

Toe kom Sue by m....

(
word vervolg)

Enigeen is welkom om hier 'n vraag te vra, per E-pos, na aruan@nuwemens.co.za

Gaan na Deel 2
Gaan na INHOUD-Anderse ervaringe

Index