Die Donker tye en die Goue Tonnel!

Re 2012:  don, dit is aan jou ges dat die in-posisie-kom periode vanaf einde Oktober 2012 n 'donker PERIODE' sal wees/is. Wees tog nie soos Jona in die mitiese, Babiloniese 'Goue-Stad' verhaal nie, in teleurstelling dat daar nie n fisiese 'vergaan' plaasvind of plaasgevind het nie. So n voorspelling is selde letterlik op te neme: neem dit gerus wyer op, beslis ook figuurlik/metafories. Kyk na jou ervaringe sedert die 23 ste September 2012: nie n fisiese, 'donker' periode en ervaringe nie, eerder persoonlike, 'siellike' ervaringe; so al asof jy/julle verskeie donker tonnels deurgaan...nentien van hulle. En maklik is en was dit nie. Maklik sal die oorgaan tot Nuwe Mens nie wees nie, vir niemand nie, ook nie vir jou/julle nie. Deurgaan/beleef van hd 'donker' dinge is dan ook baie noodsaaklik in hierdie tydperk, want aan die einde van die toegestopte, donker tonnels, net na die laaste, nentiende donkertonnel, l die 'Goue Tonnel' vir jou/julle om deur te gaan. Ja, nou is dit die donker tyd, en vorentoe die Goue Tonnel, waaragter die groen koppe van ongekende skoonheid in pronk l en wag...op jou/julle.
   Gaan dan nou meer en sonder terughou die donker tonnels binne en deur...
 
25 Sep 2011. Geplaas op Nuwe-Mens Werf op 6/9/2013

Lewer kommentaar via E-pos na aruan@nuwemens.co.za

Die Ploeg

  "Die ploeg is nou by die land. Die ploegskaar is al reeds toetsend die grond plek-plek ingesteek, en die grond is gevind kort omploeg...dit sal goed omgeploeg mt word. Die saaihouers/saaibakke word in gereedheid gebring. En die Goue Hand sal slf kom help, want dit is uiters belangrike werk, omploeg en saai van nuwe saad."

 
Ek dink onwillekeurig aan wat die 'omploeg' behels. Ek sien miljoene mense gillend van die ploegskaar af probeer wegkom...alles tevergeefs. Ek hoor van hulle roep-skree: "Waarom k? Ek het 'U' tog gedien, ek is 'U' volger, 'U' het my uitverkorenheid belowe...en oorwinning. Laat dan nou dit so gebeur!"
  En ek sien die ploegskaar die selfverheffende roependes hard tref, emosieloos neervel, en verder gaan met die Groot Omspit, wat wyd aangekondig is, maar op dowe ore geval het...soms heel bravadiese voorskriftelike en uittartend ontmoet is...of is/was dit uitdagings van hul kant af? Ek sien hoe word die mensdom neergevel. Ek sien weerlig, ergere weerlig, groot haelstene, kwaai donderweer, bewende bulte en koppe, wegwaaiwinde, branders stormwater en berge seewater op argelose mense afspoel. Ek sien peste en plunderaars, en ek sien My Totaal Verwarde Mense in die water en grond in sink.
  En ek hoor die sagte voetstappe van die Saaier nader kom.
  Ek wil vir My Mense iets s, hulle moed inpraat, hulle vertroos, hulle raad gee, hulle na die oorgangshoogte bokant die mis wys en du, maar hoor bestaan nog nooit as deel van hulle nie. Dan probeer ek in Ander Kant se musiektaal hulle bereik, maar hul angs en nood het nou besit van hulle geneem.
  En ek hoor die voetstappe van die Saaier nader kom.
  Ek ry weer 'n vrag mense via die oorgangspad (crossover) na die ho kop in die mis,('n metafoor) en ek kom weer, en ek roep na die spartelendes om my te volg, maar hulle skel en vloek my, vervloek my, skree "Duiwel!", "Satan!" en Anti-Chris!" my agterna.
  My mense weet nie wat om te doen nie, want, weer eens, soos in vervlo dae, het hul ongergde onderdanigheid en saamspeel-aanbidding van die God en gode hulle niks gebaat nie, toe die paw-paw die fn straaik...hulle spartel doelloos in die verswelgende stormwater rond.
  Ek huil in my hart, maar ek hou aan sinkendes optel en aanry, na waar hulle nie wl wees nie. Ek skree wel vir Trix en Zaag...en wie is daar nog? Is daar 'n enkele een wat ek weglaat. Is daar dalk nog een wat wou hoor?: net 'n biekkie wou hoor?! S my, dan laai ek haar/hom op na die Nuwe Woonplek, daar bokant die na-storms mis.
  En ek hoor die voetstappe...

Lewer kommentaar via E-pos na aruan@nuwemens.co.za

Ren: Die eerste keer dat ek die/my mense in nood gesien het, was reg aan die begin van my spirituele ervaringe:  

 Daar was verskriklik baie ren: oral was daar waterbaie meer opdamwater as grond wat nie met water bedek was nie. 
  Ek, my vrou, my neef, Jurie, sy vrou en ons baba kleindogter, Charn, het op n effense hoogtetjie plek gekryis daar uitgespoel (?)waar ons bene in die water was, maar ons liggame genadiglik darem nie.
  Daar was maar min mense op die ander paar stukkies grond wat nie met water bedek was nie. En dit was koud, so n nattige koue.
  Toe dreun die weer, weer n keer, dreigend, met n onaardse rammeling; en na n rukkie kom n berg water op ons afgestorm.
  Ek maak inderhaas Charn op my rug vas en skree vir die ander om saam met my die berg water soos n brander te ry, en daar gaan ek, met Charn op my skouers en bo-rug.
  Die branderry is heel lekker. Ons groot water storm in n vallei af. Later kom ons tot stilstand, in vlak water. Die ander is nog genadiglik almal naby my. Ons loop na n hoogte toe,

waar on hemelhoog op die brekende brander; ek oorspoel alles...

Lewer kommentaar via E-pos na aruan@nuwemens.co.za

Die Goue Tonnel:
Hier is een van my sien-ne...beeltenisse..."visioene":

Tydens meditasie bevind ek my in n trein. Alleen. By n venster. Op n groen leerbank van ouds.  Ek kyk na die goue son, wat so n tydjie gelede opgekom het, nou asof die oond voluit brand. Die trein het so pas vanuit n stasie oos van Queenstown getrek en ry asof om nie aangejaag te word nie.
Ek word deur die helder, goue vroegoggendson getrek.
Ek HOOR n manstem in my kop: hy praat seker met iemand anders in die treingangetjie: Nou gaan sy deur negentien tonnels, dan is dit asof die wreld verander, en as mens vr genoeg kon sien, sal jy die see by Oos-Londen in die baie vrte kan sien.
So baie? praat die tweede man vir die eerste keer.
Ja, dis eintlik uitsonderlik. 

Ek was destyds in my lewe by die einde van n era, en n heel nuwe tydvak in my lewe het voor my gel...anderkant die tonnels.
 

[Ek was pas uit st. 8, in die Weeshuis. Ek is op meriete van spesiale prestasies daaruit as vergunning ontslaan: goeie bandiet, jy kan nou maar huis toe gaan. Ek was nou op pad van die Weeshuis na Oos-Londen, waar my weduweemoeder in lewe gewoon het. Daar sou ek verder skoolgaan...as daar genoeg geld gevind kon word.
Ek het dit nie destyds so gesien nie, maar ek was by n kruispunt in my lewe: ek moes deur die Tonnels gaan van die Oue tot die Nuwe.]  

Toe blaas die enjin se toeter en raas die stomende trein die eerste tonnel binne
.


Jare later word dit vir my "geopen"/verduidelik met n verdere beeltenis:

Voor my l nentien tonnels, neffens langs mekaar, hul konkreet binnerande wit afge-ts teen die donker vulsels van die tonnels. Ek weet skielik nie of die man in die trein sewentien, agtien of nentien tonnels ges het nie. Maar dit maak nie saak nie, want ek weet nou, sonder om te tel, daar l nentien tonnels voor myalmal toegestop, en daar steek oral punte uitKRUISE, sien ekdele van kruise, voetstukke, koppenente, party met n kopbeen van n mens aan. Oral steek dit uit die tonnelverstoppings uit.~
Dit is via die Kruis en die Kruis-idee dat julle verhoed is om die tonnels oopgegrawe te kry.~
Hierdie woorde kom eenvoudig net tot by my. Soort van ongevraagd. In my. Soos altyd. Dit is asof dit van rens af via n verborge bewussyn aan my bewussyn oorgedra wordnie n stem nie, eerder inner dictation, lees ek, bewussynsskakeling, telepatiesvanaf spirituele bestaan na my; miskien van my gids af, alhoewel ek toe al nie meer oom Grysarend, my begingids, se kenmerkende, feitelike, kundige, selfversekerde oordraginge en aanwysinge gehoor en kontak aangevoel het nie; toe was dit al oom Boeddha en Jeshua"Jesus" word hy onder ons mense genoemwatso seg Jeshua myek as een mag beskouhom en Boeddha: Ons is saam; dit maak nie saak met wie jy kommunikeer nie, ons albei hoor en weet alles van mekaarons is een...en met jou.

Ek kan SIEN hoe dat die kruise as verstoppings sou dien, dit moeilik sou maak om die duidelik waarneembare, toegestopte tonnels weer oopgegrawe te kry. As mens byvoorbeeld n gat in die grond grawe, en jy kom op n boomwortel of op n klip af, dan is jy verplig om die obstruksie eers uit te kap/grawe en verwyder te kry, alvorens jy vrder kan grawe. Doen jy dit nie, dan is sukkel en ophou jou voorland. So is die kruise in die verstopte tonnels obstruksies, wat hoof aandag sal moet kry. Moes al. Lank gelede, sou ek s. Of, nee wag, dit was oupa, my oorgegane Jonathan's skoonpa, wat aan my
by die BLOU-KLIPPE VISIOEN GEBRING het, waarin Jeshua my leiding gee hoe om Jesus, die kruis en ander dinge te hanteer.~
Oor die jare het jy, don, hard gewerk om die tonnels oop te kry, soveel so dat jy nou na die twintigste tonnel mag aanbeweeg.
Ek was nuuskierig, ook angstig.
 

Toe is ek daar, en hierdie twintigste tonnel verskil toe drasties van die vorige nentien. Daar vloei n waterstroom deur die tonnel. Ek is toe weer in my rietbootjie, op die water, saggies die vrede in. Dit beweeg sag en sonder enige merkbare aandrywing saam met die stroom.
Oudergewoonte l ek teen die agterste, opgeboude kant, en, soos altyd, verstom ek my aan die kalme rustigheid van hierdie besondere ervaring.
Die binnewande van die tonnel is met goud oortrek. Ek het dit al vantevore ervaar.

En toe is ek aan die anderkant van die twintigste tonnel.

Voor my het n kopperige boggellandskap gel, al die opeenvolgende koppe min of meer gelyk bo, ewe hoog, mooi, met groen gras bedek. Weg is die ho, punterige bergtoppe van dit wat ek die afgelope jare ervaar en gesien hetook moes klim; weg die onegaligheid, want voor my n reeks opeenvolgende, groengrasbedekte, sagte boggelkoppe. Tien van hulledit sien ek ast ware sonder om te tel
...

Ek is tans by die einde van n era, en n heel nuwe tydvak in my lewe het voor my kom l en wink...anderkant die toegestopte tonnels...en nou, uiteindelik, is ek anderkant die Goue, twintigste Tonnel... [28/6/2013]

Julle is Verkenners van die Nuwe Aarde en Nuwe Mens, en Verkenners weet mos dat die uitdaging daar is vir diesulkes om hul eie pad oop te kloof!.

Lewer gerus kommentaar, via E-pos, na aruan@nuwemens.co.za

Enigeen is welkom om kommentaar te lewer, per E-pos, na aruan@nuwemens.co.za

Gaan na Inhoud-Byvoegings
Gaan na Byvoegings-5: Die Berg van Vuur

Index