Die Berg van Vuur 
  Van die kant af het ek dit gestaan en aanskou, ‘n berg van vuur. Dit het op ‘n klomp mense afgepyl, hulle vinnig ingehaal en ingeslurp, eerder, laat verdwyn.
  Ek was stil. Verstom. Verslae…en tog…
  Iets moes en sou die Mens wegruk uit die skyn nirvana van ‘n ewige hemelstaat hier op aarde, terwyl elkeen weet hierdie is geen hemel nie. Allermins. Maar wat sou die regstelling vermag?
  Nou blyk dit ‘n berg van vlamme te wees. Tog weet ek dit is nie regte, 3-D vlamme nie, maar iets erger…veel erger. Ook is dit nie skyn vlamme nie, dit is ‘n metaforiese berg van honger vlamme.
  Metafories. ‘n Mitiese verskyning aan ons/my in 3-D, ten einde spirituele waarhede/feite aan ons in 3-D oor te bring, op verduidelikende wyse. Hierdie vlamme is dus nie 3-D vuurvlamme nie, maar verteenwoordig in beeld ‘n inslukkende, opslurpende wegneemwyse uit ons bindende hede…tanse.
  Toe verskyn die berg vlamme weer, sterker as my bedinkinge. Aan die agterkant van die vlammeberg het die mense kalm en in wit klede uitgeloop gekom.
  Ek het ineens geweet dat die wit klede ‘n skoongewasde staat na my 3-D waarneminge bring. Die Mens sal skoon gewas, in ‘n nuwe staat, anderkant die naderende vlamme van opslurping uitkom. Beslis. Maar dan is dit ook nodig dat die mens tot gelouterde goud verander word…eenkant in en anderkant as nuut uit.
  Nou is die vlammetyd hier, nie 3-D vlamme nie, maar sinnebeeldig in die visioen vir ‘n staat van wassing wat vir die Mens voorlę…heel naby is.

  Dis ‘n wekroep, don. Lui die aankondigingsklok, blaas die trompet, maak bekend, die Ewige Opstaan van die Mens is haas hier!  

Later.
don, dit sal ‘n berg van skoonwasgebeure wees, nie ‘n fisiese opstanding tot die misleiding van die Oorlog-van-Oorloë nie. Die Mens se tyd van teen mekaar in stryd en oorlog te verkeer en in droom op te staan, sal nou verbygaan; en in die plek sal ‘n tot-goud-gelouterde Mens anderkant uitkom, wat Universele Wese sal word, met Ewigheid van een-en-almal ten doel.
  Die Wit Perd sal jou kom haal en jou bring na waar ons jou/elkeen benodig.

"Ons", via Aruan

© Kopiereg van hierdie oorspronklike stuk/materiaal word streng voorbehou deur Skrywer. Enigeen mag egter die inhoud hiervan versprei of herpubliseer, op voorwaarde dat die volle teks gepubliseer word, met verwysing na Jeshua, die skrywer en bron.

Enigeen is welkom om kommentaar te lewer, per E-pos, na aruan@nuwemens.co.za

gaan na Inhoud Byvoegings
gaan na Byvoeginge-6: Bevraginge-1

Indeks
Kontak