Bevraginge-1 (Aartsengel Gabril)
1. "Toe julle van Ewigheid en Ander Kant opset my tot toewyding aan Ewigheid kom open het,
via Aartsengel Gabril, is ek by grootse sen en deurgronding ingeleialgaande."

[My inwyding deur Gabril het so verloop:

Aartsengel Gabril het my onverwags op n dag kom open tot spirituele/buite-3D kontakn hele klompie jare gelede. Dit was beslis nie vooraf aangekondig of van my kant af beplan nie. Nooit.

 
My vrou en ek was by die Drakensberge: Little Switzerland, tussen  Harrismith en Bergville. Ek het n boek oor kanalisering (boodskappe van Ander Kant af oorbring) gelees/bestudeer. Dit was laatoggend. Ons het op die stoep gesit en uitgekyk oor die pragtige Drakensberg. Ek het halfpad die boek gelees toe iets vir my in my bewussyn s ek het nou genoeg van die onderwerp gelees. Ek het die boek neergesit. My vrou het vir my koeldrank gaan haal en ges sy gaan vir ons brunch maak. My kop het swaar geword, ek het agteroor geleun en my kop op die stoel se leuning laat rus. Voor my gesig/geslote-o het n figuur in n pers kleed verskyn, met n groot robotgesig, met soort van goue pypstrale lig (goue lig van verskillende dikte), wat warm na my kop geskyn het, en in my kop in. Geluidloos het die vreemde gebeurtenis plaasgevind.

  Hoe lank dit geduur het, weet ek nie. Na n tyd het ek bygekom, uiters verbaas, maar baie kalm. Ek het nie kon verklaar wat nou met my gebeur het nie. Ek het opgestaan en aan my vrou, in die oopplan kombuis, ges ek kort nou n stort. Terwyl ek stort, het my oorgegane suster (al jare oor) se gesig uit/in die stortkop verskyn en n belangrike, persoonlike familiale boodskap aan my oorgedra: dit het later feit geblyk te wees. Ek was verbaas, ook hartseer daaroor.
  Later is ek via Medium Sarie en gids Grey Eagle ges dat dit Gabril was wat also aan my verskyn het en my kom oopmaak het. Veel later het Gabril self aan my kom s dat ek van sy groep is, dat ek ook nou pers mag dra, dat hy my kom open het en dat daar vir my n belangrike taak voorl.


Nota
: Mens voel maar aardig as jy sulke dinge hoor, onseker oor wat dit is, wat gaan gebeur en wat jou te doen staan. En daar is nie juis iemand met wie ek dit kan bespreek nie. 

2. Soms twyfel ek daaraan, veral as ek so in swaarkry spartel.
Soms vra ek hoe is dinge gerat dat hlle met geen toegewyde spirituele lewe so voorspoedig is?
Soms, as ek hul weelde en nie-gesukkel raak sien, dan wil ek vra hoe is dit moontlik? Wat is die sin daaragter? Veral word dit al maar deur vir my duidelik dat trou aan Ewigheid, en spiritualiteit daarom gebou, nie noodwendig tot materile voorspoed lei nie.
2.1. Ek merk hul onskynlike kwellingvrye lewe, en dan vra ek soms: Hoekom is dit so? Hoekom is hul sorge weinig, hul nie-spirituele lewensopvatting ten spyt?"
2.2. Ek sien veelal hul selfversekerde trots agter hul aardse besittings en finansile sterke hand, dan wonder ek soms hoekom kan my geestesbron nie vir my ook meer versadigend voorsien nie?  
2.3. Ek merk soms dat hul ruim aardse voorsorg hulle verlei om te doen nt wat hulle wil.
2.4. Soms dreig hulle my met teenoptrede, as gevolg van my anderse boodskap, want, volgens hulle, swaai hlle die septer in my gemeenskap en land, omdat hulle goed voorsien is van aardse dinge en middele.
2.5. Hulle laster teen diegene wat met hulle durf verskil; soms ook teenoor diegene wat anders as hulle lyk, ja, hulle beledig links en regs soos hulle voel en/of wil.
2.6. Tog hang die Volk hulle aan en drink gretig hulle woorde in.
2.7. Hulle gebruik God na hartelus, span Jesus in na hul eie drome, asof God en Jesus nie vir hulle saak maak buite hul eie selfsugtige droomideale nie.
2.8. Dit is hoe hulle is en optree; hulle gaan ongehinderd voort om te maak wat hulle wil, en toon veral n voorliefde in gebruik van wreedaardige veroordeling.
2.9. Dat ek vrede soek en trag hulle van hierdie we en God-en-Jesus misbruike af te sien, steur hulle hul weinig aan.
2.10. En tog wil ek skree julle verleiding is van die IDEE van God&gode van verbygegane tyd, en in julle geplant deur die godsdiens van kerke en voorgangergodsdienstiges.
2.11. Ek bly vir hulle s dat die tyd van die God&gode verby is, dat hul God en gode se einde in sig is, en saam daarmee sal die mens se godsdiens en skynvroomheid ook vergaan.
2.12. Wanneer ek vir hulle durf s dat die einde van die God&gode en hul voorskriftelike godsdiens in sig is, word hulle nie net kwaad nie, maar gryp na wrede en gevoellose oordeel en dreiginge, wat deel van hulle skynvroomheid geword het.
2.13. En tog weet ek dat daar n waarheidsmoment binnekort sal kom, wat My Mense sal lei om te vra: hoe kon ons so iets glo en aanhang?
2.14. Maar nou is hul onversetlike neerbuiging aan die God&gode vir my n groot teleurstelling, en ek kan daaraan niks doen nie.
2.15. En tog aanvaar ek dat ook die God&gode van ouds, tesame met ons tanse spirituele dimensie (hemel), asook die lede van ons Galaktiese Federasie, besig is met ons omskakeling as Nuwe Mens in die Nuwe Aarde en 5de Dimensie lewe.    

3. Ag, kom gou, julle wat ons wil en sal verlos van die vernederingsboeie van die lang verlede. Ag, kom tog n!

don

Enigeen is welkom om kommentaar te lewer, per E-pos, na aruan@nuwemens.co.za

Gaan na Inhoud-Byvoegings
Gaan na Byvoegings-7:

Index