Die Christus-boodskap van Neutraliteit  nr 22

Oordeelgerigdheid Deel 3 ..... Bly neutraal!

  "Luister dan nou vrder.
  Ons s nie net julle aan om nie te oordeel nie, ons smeek julle nie net en los julle sonder 'n alternatief nie; nee, ons kom met 'n alternatief...'n goed deurdinkte alternatief, wat in die heelal al baie lank as die Christus-beginsel bekend staan. In hierdie oordraginge het ons boodskapper van Suid-Afrika, don, besluit om dit as die Neutraliteitsbeginsel bekend te stel...en dit is wat dit in werklikheid is tw bly altyd neutraal tov 'n ander se handelinge, wat sy/haar keuses in die lewe, woorde, dade en lewe uitvoer insluit. Moenie kant in 'n ander se onderonsie of geveg kies nie, moenie bek rek oor 'n ander se keuses tot uitvoering van s/haar lewe nie, moenie 'n ander nav sy/haar optredes etiketteer, slegs of veroordeel nie. Asseblief tog nie. Ons smeek julle. Los elkeen om haar/sy ding te doen, in vrede, in eie keuse, in uitgelossenheid. En as een van die 'daardie mense' val en seer kry, moenie cho-cho skree en wegloop nie, nee, gaan na die gevalle een, buk af en sit jul hand op die gevallene se wond(e), help die gevallene op, help die seer weg kry, neem die gewonde vir verpleging, staan haar/hom by, hou sy/haar hand, bemoedig, help, voed, versorg en gee hoop...ook hoop in die mensdom.
  Julle het 'n duidelike voorbeeld hieromtrent nl die Bybel se "Barmhartige Samaritaan". Volg gerus sy voorbeeld na.
  Let daarop dat die hulpverlener nie ges het ch-cho nie, nie self probeer verskoon het met 'dis nie m probleem nie', nie weggeloop het nie; maar baie beslis ook nie die gevallene se aanvaller gevloek, veroordeel of slegges het nie; nee, die samaritaan het te alle tye neutraal teenoor die aanvaller gebly, en hom bepaal by die voor die handliggende geroep om hulp nl die gevallene se nood...en sonder vloek, verwensing of wraak sweer het hy afgebuk na die mens op die grond se nood.
  Kan julle dan nie in neutraliteit hulp verleen nie? Moet julle eers oordeel en dan besluit of julle hulp sal verleen? Ja, dis makliker om die aanvaller te vervloek as om hulp aan die gevallene te verleen, n? Heel makliker.
  Hoor ons as ons s in wraak en terugkry, vervloek en verwens l geen oplossing nie, maar wel in afbuk om hulp te verleen.
  Miskien, by jou afkom op hierdie gebeurtenis, is dit juis 'n toets voor jou deur om te sien of jy die essensie van die gebeure insien, die nood van die omstandigheid hoor roep, en in liefde jou meegevoel oor die gevallene laat vloei.
  Julle weet, as die Ewige Een in oordeel jul dade moes beskou, dan sou daar nie veel genade na julle gevloei het nie as julle van die gevallene se nood vergeet en hom met blindheid sou ontmoet, as dat julle hulp sou verleen het.
  Hoor as ons kom s die mens se nood is groot, baie groot, daar is aldag duisende wat in nood binne jou sirkel kom. Soek elke geleentheid en moontlikheid om ten minste van daardie nood te verlig, van die tersaaklike seer te soen, in empatie, om uit te reik tot hulle wat huilend in nood verkleer. Al stap jul net een mens se nood tegemoet, het julle verskil gemaak; maar om die sogenaamde verantwoordelike te verwens, vervloek, veroordeel of sleg te s gaan nie 'n onsie se verskil aan die noodsituasie maak nie, nie 'n greintjie se pyn wegneem nie.
  Kom ons bekyk vandag die tersaaklike gelykenis vanuit 'n ander perspektief.
  Kom ons maak storie. Ons s die twee mans woon naby mekaar. Die gevallene het die aanvaller se huis aan die brand gesteek en toe weggehardloop. Die oortreder is agterna gesit en reggesien. Jy kom op die toneel af net nadat die regsien plaasgevind het. Jy vorm 'n vinnige opinie. Jy besluit die aanvaller was 'n boef, sleg, aanrander, ens. Jy het die aanvaller geoordeel, ge-etiketteer (boef, sleg, ens), en also veroordeel.
  Bd, n? Jy het nie eers probeer om te vra wat het aanleiding tot die onderonsie gegee nie. Jy het boetse-en-alles die kant van die gevallene gevat. En wat van sy aan die brand steek van die ander se huis? Wat van wat die aanloop tot al die voorgaande gebeure was? Hoekom sommer goedsmoeds en trompop kant kies en besluit wat gebeur het....en, natuurlik, 'reg' en 'verkeerd' inspan?
  Hoekom?
  Hoekom is mense so gekondisioneer om altyd 'n vark in die verhaal te soek?
  En tog, dis nie waarvoor julle geroep word nie; julle word nie geroep
om nie kant te kies nie, julle word nie geroep om regter, laksman en 'God' te speel nie; nee, julle word geroep om af te buk na die een in pyn en die gevallene se pyn te verlig, by te staan, te help...ja, ook hand in eie sak steek. Ons s weer: JY WORD OOK GEROEP OM HAND IN EIE SAK TE STEEK: 'Haal jul liefde en hulpverlening van julle lippe af en plaas dit oor na jul hande!'"

  "Ons"
via/en saam met Aruan

Kopiereg van hierdie oorspronklike stuk/materiaal word streng voorbehou deur Skrywer. Enigeen mag egter die inhoud hiervan versprei of herpubliseer, op voorwaarde dat die volle teks gepubliseer word, met verwysing na Jeshua, die skrywer en bron.

Enigeen is welkom om kommentaar te lewer, per E-pos, na aruan@nuwemens.co.za

Inhoud Jeshua-boodskappe
Gaan na Deel-23
Gaan na Indeks
Kontak