Die Blou Visioene
Hierdie visioene/beeltenisse moes entlik as INLEIDING tot die Jeshua-Neutraliteitsboodskap gedien het, daar ek dit lank voor die Neutraalboodskap ontvang het.
Die Blou Klippe

 Ek was op oupa se plaas. So ‘n ent van die opstal af was daar ‘n spruit, met heelwat wilgerbome.
  In die visioen kom ek van die spruit af geloop; ek stoot ‘n dagghakruiwa; ons eerste hond, Leeutjie (‘n lewendige Skippertjie) , wat oupa en ouma ons gegee het, loop langs my.
  Dan sien ek ‘n groterige, gekleurde klip lê…dit is so 150 millimeter lank en so 50 mil breed. Die klip is ligblou (ruimteblou) met wit kol-strepe in. Dis een van die mooiste klippe wat ek nog gesien het. Ek wonder hoe is so iets moontlik, hoe het oupa en sy werkers nog nooit hierdie duidelik kosbare klip raakgesien en opgetel nie? Dit lyk soos die aarde van vêr buite gesien, ‘Die Bou Diamant’ word dit genoem, kom lê dit in my bewuswees.
  Toe sien ek nog een, en nog…
  Opgewonde en in verstomming tel ek die kosbare klippe op en sit dit versigtig in die kruiwa neer. Die kruiwa is gou-gou vol gelaai. Ek kyk rond, skud my kop, waar sou hierdie besondere klippe skielik vandaan kom? Het dit uit die “uitspansel” gekom? Vanwaar?

  Ek stap na die opstal.
  Links was die huis, en regs die buitegeboue. Ek stoot die vrag tussen die twee dele van die opstal deur, onseker wat om daarmee te doen. Ek is alleen op die plaas.
  Toe ek verby die vêrste punt van die buitegeboue opstal kom, toe sien ek daar ‘n platterige koppietjie so ‘n ent agter die buitegeboue ontstaan…dit was nie daar toe oupa daar gewoon het nie. Ek sien ‘n opening…soos ‘n ingang in die klipwand. Somnambulisties en pre-gedestineerd stoot ek my kosbare vrag soontoe.
  Dit lyk of die opening na ‘n grot lei. Dis skemerdonker daarbinne. Ek moet effe afbuk om in te kon gaan.
  Toe sê iets…Iets…iemand…Iemand…(???) my om die kruiwa met dit se vrag ook binne te stoot. Ek doen dit.

  Agter is die grotmuur ligblou…lyk soos ligblou kwarts. In die middel van die muur is ‘n verpoepte kruisie, so 600 mm by 400 mm, skat ek. Ek wonder hoekom so ‘n potsierlike, eenvoudige, skewe kruisie op so ‘n uitsonderlike muur aangebring is. Toe gooi iets ‘n groot skaduwee oor alles. Ek skrik, kyk om.
 
 ‘n Massiewe figuur het self so pas self regop gekry, nadat dit duidelik self deur die grotopening moes wurm. Dis ‘n manlike figuur, groot…nee, massief…hy lyk soos ‘n reuse Casper The Ghost. Hy kyk my direk aan en sê sag: “Don, vat nou die eerste aarde- en mensklip en gooi dit deur die grotopening…raak ontslae daarvan.”
  “Hoekom”” vra ek.
  “Dit is
nuttelose Jesus-dinge. Raak daarvan ontslae.“
  Ek skud onwillekeurig my kop, stom van verbasing.
  Hy gaan onverstoort voort: “Die eerste klip verteenwoordig
die/my sogenaamde God-wees.”
  Ek verstaan dít. Ek begryp hierdie God-, gode, God-dwang, wat envoudig net nie meer vir my rym nie...die selfversekerde waarheids-onwaarhede waarin ek en My Mense hier in Suid-Afrika gebore en getoë is. Ek het dit nie net bedink nie, ook deeglik nagelees, baie aantekeninge gemaak, ordelik groepeer, vrae en kritiek geformuleeer, die Boek EK VRA NA GOD daaroor geskryf, opgevolg met Die ANDERKANT, nog ‘n paar ander, en langs die pad vry gekom tot bandelose bevraging, sonder vrees en gepaardgaande, deeglik beplande  ietermagog van ontsag vir ‘n gewaande, duistere, verwarrende “Hoër Hand”. Die versoek om so ‘n kosbare klip by die donker grot se opening uit te gooi vir “
nuttelose Jesus-dinge” maak daar-en-dan vir my baie sin.

  Ek neem die eerste klip in my gooihand, vryf oor die sagte oppervlakte daarvan, kyk onwillekeurig weer daarna, merk weer hoe mooi die klip is…dit moet baie wêrd wees…ek word week, wil eensklap huil…baie…vreeslik baie, met miljoene trane. Met ‘n gil gooi ek die klip deur die opening…vanuit die donker grotbinneste…na die helder sonbeligde wêreld  daarbuite. Ek voel ligter.
  Verbeel ek my, of het die donkerte binne effe ligter geword?
  “Gooi nog, Don, gooi al die sogenaamde God-dinge om my, Jesus, opgestapel, uit die donker grot uit, en begin so om my daarvan vry te maak en ook jou self en jou mense.”..die hele mensdom.”
  Ek lig onwillekeurig ‘n tweede klip uit die kruiwa.
  Dis “
die Seun-van-God” klip. Gooi dit baie hard en vêr, Don!”
  “Ja….ja…ek sál!” Ek gooi. Hard. My arm voel effe seer daarna, maar ek voel verlig…die donkerte in die grot ook.
  “Gooi nou al die
mismakinge van my en Mens rondom my ‘kruisiging’ en ‘God’-geloof een-vir-een by die grotopening uit, en maak die mensdom also vry van die bindinge rondom Jesus, die Kruis, ‘Seun-van-God’, opstanding en wat nog alles se vasmaakdinge.” Hy bly ‘n rukkie stil, dink duidelik eers: “Dis nie net ‘n begin nie, Don, dit is die geboorte van ‘n grootse bevrydingsenergie…’n werklike, lewende, verlossende, vrymakende energie, wat sag tog donderend oor die aarde sal stoomroller. Daarom is ons vandag hier saam in hierdie grot, jý met die bevrydingssimbole in hand…dis vir jóú gegee…en ek as een wat bevry moet word, en ook Ons Mense bevry wil hê . Gaan gerus voort.”

  Ek tel ‘n groot klip op…dit voel swaar. ‘Die
gekruisig-vir-mense-se-sondes’ kom dit duidelik tot my, asoof dit deur my geesbinneste tot my gesê…soort van gespreek word…hard en duidelik.
  Ek weet teen hierdie tyd dat hierdie soort van kommunikasie via my onderbewussyn geskied, met die bewussyns van hulle daar in Ander Kant daarby betrokke…hulle is altyd meer as een in kontak met ons…met my…maar kollektief is hulle in 4D se bewussyns vele, maar steeds en tog een…sal ons maar sê, ten einde hul realiteit in ons eenvlakkige sieninge en woordomsetting te probeer uitdruk en effentjies te begryp.

  Ek neem ‘n groot, blou, juweelklip op…Jesus het gesterf vir die mendom se sonde. Jesus het gesterf vir mý sonde. Ek skud my kop weemoedig. Met groot hartseer en vurige drif gooi ek hierdie skynpragtige klip die buitelig in. Dis asof ‘n groot verligting oor my kom, die donkerte in die grot het myns insiens veel ligter geword…veel ligter...Casper Jesus lyk nie meer heeltemaal soos ‘n spook nie. Casper laat sy kop in dankbaarheid sak.
  Ek besluit daar-en-dan om klaar te kry met hierdie verlossingsritueel….”Ja, dit is wat dit is,” het ek hardop gesê, en Casper-Jesus lê ‘n klip met ‘n swart kol in die middel in my hand: “
Ek het jou uitverkies!” Ek gril onwillekeurig. Dat ek my sowaar daarin kon verheug dat hierdie Jesus my bo andere uitverkies het en die grootste gros van die mensdom “verwerp” het…in die rug gesteek het…hulle geskape het om hulle ewige pyn-en-leiding instrumente te maak. Ek was daar opnuut kwaad vir Jesus en sy wrede God-pa: ek het die swartkol klip eers ‘n slag teen die muur gegooi…dit wou nie breek nie, maar daar was darem ‘n blerts aan die glans van skyn. Toe gooi ek daai verdomde klip tot binne ‘n vuurspuwende berg…reg in die middel daarvan. “En dan kom verneuk julle ons nog met die tjoklitfoefie “ek het jou gered!” Geréd…!? As dít…hierdie opgetjortste lewe…is wat jy, jou “pa” en mense “gered” noem, dan wil ek nie “verlore” ooit beleef nie….kán enigiets wreder as “God” wees? Dan wil julle boonop nog “straf” ook. Ek tel ‘n vet hemelklip op, gooi dit met ‘n vloek van my af weg.

  Ek kan glo
vergifnis vir my sonde deur hierdie Jesus kry. Ek gooi toe twee klippe gelyk uit die duisternis uit na die lig.
 
Sonde…? Wat se bog is dit? Waar kom die mens aan hierdie bobbejaantraan bogtery dat die hele mensdom deur een, enkele huwelikspaar se ontrouheid aan ‘n paar selfsugtige en eiebelanglike voorskrifte van die kloningspioniers se DNS en samestelling een van gelyke sonde as begin sal wees. Waar het die ou mense komieks van Mars af bekom en gelees in hul kannie-lees-nie onvermoë?
  En also moes Abraham in ‘n fiksie-invoeging tot ‘n oefenlopie van
offer-jou-seun verneder word, en lê die grootste klip van die lot bo op die bondel in my kruiwa. Ek skud my kop weemoedig, dat ‘n pa so iets kan doen, nogal deur een of ander van-sy-kop-af man, wat kom glo en verkondig sy pa is “God” en het hom gesê om dit te doen. My Liewe Hel, hoekom het ons voorouers nie al die barbare uitgeroei nie? Dat Jesus as “die Seun-van-God” “vir ons sondes gekruisig” moes word is die grootste, barbaarse drekuitskeiding in menseheugenis…en dit nogal in opdrag van Groot Pappa “God”. Ek skaam my dat ek dit vir baie jare kon glo. Ek tel die groot, vet klip op, gooi dit neer op die grond, trap daarop, tel dit gebelgd op en gooi dit myle-en-myle vêr van die donker grot af weg…ek wens ek kon dit uit die aarde se atmosfeer gooi.
  Toe gaan
staan hy...Jesus...in leuenverkondiging kamtig nog uit die fisiese graf ook nog op. Ek besef die skrifdele daaromtrent is vals en veel later bygevoeg, ek besef dit het nooit gebeur nie, ek besef geen mens het nog ooit fisies uit sy of haar graf kon opstaan nie, ek besef dis ‘n geel wortel van hoop wat op niks uitloop nie, ek besef…maar toe gooi ek. Hard. En vêr, en ek sal nie hier skryf wat ek geskree het nie, toe ek daardie klip die lig buite laat tref het. Dat mense sowaar kan glo dat hulle lalmal een dag gelyktydig fisies uit hul vergane, fisiese grafte opgewek gaan word en dan lewendig en fisies na Olam (Nibiru), die fisiese “hemel”, toe sal “opvaar.
  En daar gaan hulle glo “
sit aan die regterhand van God-die-Vader, al is die oue “God-die-Vader” oorlede. Ai.
  En omdat al hierdie bogterye uitgedink is, aan My Mense as hoogheilige Gode-dinge voorgehou is…ons verslaaf daaraan gemaak is…moet ons nou “
die swaard” opneem teenoor enigeen wat hierdie opperste bog nie wil glo nie…die gevegsswaard…die ywerige, vurige swaard, wat vol hou-aan-en-aan energie gelaai is.
 
Oorlog. Ek word opgekommander om permanent oorlog te voer teen die hoogs fiktiewe aanname van “Satan”; en asof dit nie genoeg is nie, moet ek dan nog almal aanvat met die swaard wat nie hierdie opperste bog wil glo en aanvaar nie. Erger nog, die God-aanname word afpersend as voorvereiste gestel. En net hier begin die-blinde-mens oorlog, die teen-mekaar-gedurig-veg, die byt mekaar, die kies kant teenoor mekaar, slegsênaamgeweryetikettering, waarin oordeel opgesluit is en veroordeel volg, die vuis gedurig na mekaar uithou, die mensdermuitrygmismaaksel van godsdiens! En al etiketteer menige my as “mal” omdat ek voorgenoemde bogterye nou uit die donker grot gooi, vra ek myself af: Wie is nou regtig “mal” hierin? Om sulke bog te glo en dan nog met swaard en haat-daad te wil afdwing. Voor ek die oorlogklip uitgooi, val dit my op dat meer mense gedood is in oorlog, lewendige verbranding en moord  as wat kwansuis deur hom “gered” is, en net daar tel ek hierdie “gered” klip ook op en gooi dit en die oorlogklip met wrewel deur die grotopening.  “En dreig!” skree ek agterna. “Ek word aldag gedreig met die dood, met JahWeH, met God, met straf, vergelding, hel, duiwel, Satan en wat nog alles se kinderlike komiekdinge, dat ek net daar gebraak  het. Arme mens. Wie sou sulke wreedhede kon bedink en dan nog die mens altyd daarmee kom belas en belaglik maak? Ek weet, maar ek vra toe daar die vraag.

27-12-10: "Daar is nog dit wat hierop volg wat jy hieruit weggelaat het, don, stel dit gerus ook op skrif."

  Ek onthou dat nadat ek die laaste klip by die grot uitgegooi het, was ek verskriklik moeg, uitgeput, ek wou skree en spoeg gelyk. Ek het neergeval en gehuil. Baie. Ek het later tot verhaal gekom: Jesus-Casper het langs my gebuk, hy het afgebuk na my (!!!), oor my kop gevryf en my getroos. Ek het moedeloos, huilend bly lê.

   Dae daarna het daar 'n vêrdere, indringende visioen/beeltenis gevolg. Ek gaan dit maar hier weglaat. Daarin, egter, het van regs na links 'n staaf met olyftakkies aan beweeg, voor my verby. Aan dit het gehang "37   00000". Ek weet tot vandag nie wat dit beteken of inhou nie...miskien spirituele rykdom wat sal volg? My oorgegane skoonma kom nou en sê: "Die '37' sal nou in werking kom."


   Na die 37-visioen het oupa 'n koningsblou hemp aan my gewys: dit was 'n baie grênd hemp, uit ons vergange se tyd, opgevou in 'n langwerpige kartonhouer. By 'n volgende 'verskyning' het hy die hemp uit die houer gelig: Waauw, dit was 'n spesiale hemp. Hy sê toe aan my dit is mý soort van uniform wat ek kan dra by my toelatingsseremonie êrens. Eersdaags.
  Dit het gou gevolg:

  Ek bevind my in 'n visioen/beeltenis in 'n groot vertrek, soos 'n groot sysaal, ontangslokaal van 'n vername plek. Dis grênd. Daar is massiewe pilare...dit vorm die hooftema van die vertek. Die pilare is dieselfde koningsblou as die hemp aan my gewys.
  Iets soos 'n groot lêstoel verskyn bo en effe voor my...dit lyk soos 'n lêstoel van wit rose, met kol-kol pienk in. 'n Vrou sit daarop, in haar hand 'n koningsblou staf. Sy sê: "Ek is Surya, hoof van die Biblioteek van Alcyone, wat terselfdertyd ook as ons deel van heelal as die Universiteit van die Heelal dien. Dis waar jy nou is. Die bossies, struike en onkruid is nou omgeploeg...weggemaak...en kan jy nuwe saad saai." Sy raak my met die staf aan my voorkop aan. "Jy is nou lid van die Biblioteek van Alcyone en die Universiteit van die Heelal. Welkom by ons. Moet nie sommer net langsaan ingaan nie. Iemand sal jou binne neem, jou rondwys, help, touwys maak. Dis 'n baie groot en uitgebreide plek. Wees geduldig. Intussen kan jy op internet ingaan en hierdie ..... en hierdie ..... boeke aflaai en bestudeer. Doen ook navorsing oor bewussyn, ontstaansteorieë, multi-bestane, godsdiens, God en geloof. Doen dit as soort van 'n toelatingsvereiste. Geniet dit!" En weg was Surya.  

 
  Nou, vandag, 25 Des 2010, praat oupa van die stasie waar my-ons “nuwe trein”, en ek, nou binnekort sal aankom.

  Hierdie lang en indringende
visioen/beeltenis het na my gekom by my jonjgste seun se troue, einde November 2008: ek noem dit Die Nuwe Diamantblink Trein.

  Toe my jongste seun trou, November 2008, het ek verskriklik moeg geword; ek moes vroeggaand gaan slaap.
  Tydens die slaap en daarna is ek gewys dat ek oor ‘n baie hoë berg gaan…in geel anorak geklee.

Nota
: Ek het kort daarna besef…’dit het tot my deurgekom…vir my duidelik geword…dat die berg die Andes-gebergtes tussen Chili en Peru/Mexiko en nog Suid-Amerikaanse lande is. Dit is hier waar ek in ‘n visioen gesien het die ‘hemel’ (ons 4-D) op aarde land.

  Later, toe ek by ‘n uitkykpunt staan, het ‘n lang, blinknuwe trein uit die vêrte aangekom…die sonstrale het soos lang diamantstrale op die ligbruin dak geblink.
  Ek en ‘n paar andere was op die trein. Toe sien ek ons nader ‘n stasie, ‘n ou sandsteengebou, met ‘n rooi dakkantoor bo. Ons het gereed gemaak om af te klim. Ek raak toe bewus dat daar ‘n ongesiende een saam met ons is; en toe die trein stilhou, maak vriend Stan (oorgegaan), treinbestuurder die deur oop; ek staan terug vir die ongesiende een om eerste af te klim, maar dié staan terug en wys met die hand dat ek eerste moet gaan.
  Ek klim uit, en ‘n groot groep mense kom opgewonde nader gehardloop. Ek is verbaas.

 
 
Dit is hoe ek dit daardie aand beleef het. 

  Ek kon tot 2010 nie die treinvisioen ontleed of verstaan nie. Gedurende 2010 kom Jeshua..nadat hy begin het met die oodrag van die Neutraliteitsboodskap...en lê dit vir my uit as dat die hernude Christus-beginsel/boodskap/bewussyn also en nou arriveer....soos die blinknuwe trein in voorgenoemde visioen. 
  Die nuwe trein…lank, dus groot, splinternuut en diamantblink… dui dus die ‘Nuwe’ Neutraliteitsboodskap aan…wat oa ook via my oorgebring is: sien Neutraliteitsboodskap. En dit, ons, en die Ongesiende Een, is nou haas by die stasie…met waar die aankondiging van die Neutraliteitsboodskap gedoen sal word…dit sal prakties in aanvang neem…hoe weet ek nog nie. Die Ongesiende Een blyk nou Jeshua-Boeddha te wees…hul gesamentlike energie…en ook ‘Jesus’ s’n…en dit sluit my oorgegane skoonpa in, plus my oorgegane korrespondensievriend, oom Zaag Pretorius, destyds van Louis Trichardt, en andere.
  En jy wat hier lees, is deel van die skare wat opgewonde nader kom om die Neutraliteitsboodskap aan te hoor
…ook na verwys as die Christus-boodskap, maar nie verwysend na of van toepassing op ‘n persoon of die man ‘Jesus’, of Yeshua ben Josep nie.

 

En so verwys Druvalo in THE ANCIENT FLOWER OF LIFE na die "fallen state", waarin die wese/mens dit se universele eienskappe en magte verloor het, en die "unfallen state" ('n opstanding!) waartoe ons mi met die Nuwe Aarde na toe terug verander sal word, of te wel, die gevalle mens (tot vervallenheid gereduseer en gemanipuleer deur "God" An-u en sy meehelpers) sal tot voile lewe/nie-gevallenheid herstel word...dus terug na die oorspronlike staat van lewe, 'n voortsetting daarvan, met die menswees tot op hede as 'n verledesstuk. "In the higher-self reality, we literally exist in other worlds besides this one.
There are so many dimensions
and worlds that it almost surpasses human capability to conceive of it. These levels are very specific and mathematical, and the spacing and the wavelengths in and between these levels are identical to the relationships within musical octaves and other aspects of life. But right now your third-dimensional consciousness has probably been severed from your higher aspect, so you're aware only of what's going on here on Earth. This is not the norm for beings existing in a natural unfallen state. The norm is that beings first become aware of several levels at once, like chords in music, until finally, as they grow, they become aware of everything everywhere at once."

"You presently exist on probably five or more levels. Though there is a break between this dimension and others; when you connect with your Higher Self, you mend that break, after which you start becoming aware of the higher levels and the higher levels start paying more attention to you— communication begins! This connection to the Higher Self is probably the most important thing that could happen in your life—more important than understanding any of the information I'll be giving. Connecting with the Higher Self is more important than learning to activate the Mer-Ka-Ba, because if you connect yourself to your Self, you will get absolutely clear information on how to proceed step by step through any reality and how to lead yourself back home into the full consciousness of the Creator."

"Walking toward the right along the bottom of the drawing are seven people with animal heads. They're called neters, or gods, and each of them has an orangish red oval above its head, which Thoth called the egg of metamorphosis.

The neters are concentrated on the time when we go through a certain stage of resurrection, which is a rapid biological change into a different life form. They're holding an image of that transition, as they're walking along the line, then suddenly the line comes to an end and there's a 90-degree shift upward......... in order for us to enter into the fourth/fith dimension (or any dimension, for that matter), we must make a 90-degree turn."

"That's what much of this teaching is about—reminding us that we here on Earth are sitting in the third dimension on a planet that is in the process right now of becoming fourth-dimensional and beyond. The third-dimensional component of this planet is about to be nonexistent for us after a while—we're going to be aware of this  dimension for only a short time longer. First we'll go into certain overtones of the fourth dimension.

Most people in the higher dimensions who are watching and helping with this process now believe that we're going to keep moving on up through higher dimensions quite rapidly."

"...we become aware of electrical energies. We can fly in the sky. We can do many unusual things. The world becomes extremely unstable, and in a single day we get rid of the old way of viewing the world, and make a huge transformation in consciousness."

Nota: Ek skryf al geruime tyd hieroor, sonder dat ek Drunvalo gelees het. Nou kom ek in verwysing op Drunvalo af en vind ek bevestiging van wat ek al 'n geruime tyd ontvang en uitdra.

Aruan

Enigeen is welkom om kommentaar te lewer, per E-pos, na aruan@nuwemens.co.za

Gaan na Neutraliteitsbeginsel nr 4

Inhoud Jeshua-boodskappe

Indeks
Kontak