Ek Vra Na God-hf 2                    

  Deel 1: Die gode moet tevrede gestel word!
 ‘n  Fisiese God

    Vooraf: Ek versoek dat lesers eers "Verduideliking" t.o.v. aardpioniering aan die begin van
hoofstuk 13, “Ons Kosmiese Ouerhuise”, lees, daar baie van die feite hierin vir u vreemd mag wees.
    Ons Westerlinge, en Afrikaanses spesifiek, het ‘n konsep van ‘n heel fisiese, vlees-en-bloed god (genoem God) geërf. Mens wonder onwillekeurig vanwaar. Of is dit elf of twaalf christelike/bybelse gode/Godde, plus natuurlik, Allah, wat via die Islamgeloof, ook die Bybel se begin as basis gebruik tw tot by Ismail?  Die res van die unieke een-god-benadering is uniek aan die Allah[1]-volgelinge. Maar, albei God-op-skrif-stel, kulturele beskouinge[2] het  aan die begin God” as ‘n fisiese humaantipe wese gesien tw in die begin het mense ‘n entiteit(e) waargeneem wat hulle as god/“God” geïnterpreteer het, en oog- of fisiese kontak met hulle gehad: terloops, ek is nie so seker dat hulle die term “God” gebruik het nie; eerder lyk dit vir my of hulle die begrip “god” gebruik het. Hulle het hul god dan mos geken. Daaruit spruit wat iemand as volg gestel het: In the beginning, human beings created a God.[3]
    Reg aan die begin sal ek moet wys op die ongemotiveerde stellinge in veral die begindele van die bybelse Genesis. Goed, mens neem in ag dat Moses, sy voorgangers[4], medewerkers, skrywersvolgelinge en die latere P-bron-skrywers die Genesisboek georganiseerd geskryf en herskryf het, met die beperkinge van hul tydgenootlike kennis; maar hulle het meesal net ‘n feit gekonstateer, sonder die nodige motiveringe. Vergelyk gerus die volgende woorde uit die Bybel: “In die Begin het God die hemel en die aarde geskape.” 
Hieromtrent laat Armstrong haar haar as volg uit: “A literal account of creation was impossible since nobody had been present at these unimaginable events...”[5] Die Hindoes stel dit so: "They regretfully decided that nobody, not even the gods themselves, knows for certain how creation came about." (The Hutchinson Encyclopedia of living faiths). Dit was onbepaalbare tye/jare gelede. Ek voeg by: en die oermense was toe nog lank nie in lewe nie. Met die begin van skrif kon die meeste mense nie lees of skryf nie, of verstaan hoe die aarde by die Kosmos/Heelal inpas nie. Hulle was ongeletterd en oningelig, het selfs gedog die aarde is plat. Pagane. Oningeligdes. Tewens, vandag verstaan mense nog steeds nie hoe die aarde by die ruimer kosmos inpas nie: miskien wíl hulle nie verstaan nie, hulle dink en glo...of hoop...die uitgediende, heliosentriese begrip van dat die son om ons aarde draai (en also is die aarde "in die begin" geskape) en dat die aarde die middelpunt van die kosmos is...bewaarheid sal word. Selfs sulke soos-’n-volstruis-kop-in-die-grond-steek sieninge word steeds deur vele gehuldig nl dat die aarde die enigste, bewoonde ruimteliggaam in die kosmos is.[6]
    Die tweede, en mees aanvegbare, was die menslike eienskappe wat in die Bybel aan “God” toegedig is. Goed, mens neem in ag dat die Joods-Israeliese bybelerfenis onlosmaaklik vas is aan antieke, Sumeriese en Egiptiese erfenisse[7]; tog tref dit mens dat Moses en sy opvolgers nie daarin geslaag het om die konsep van Sumeriese, fisiese gode (elohim...meervoud!) , soos deur die vroegmens geïnterpreteer, te elimineer nie; en alhoewel hulle een God/god van tyd-tot-tyd konstateer, hou hulle die agterdeur oop met die gebruik van die meervoudige "ONS"[8] in verwysinge na God.
    Moses se nageslag gaan dan verder in Genesis en plaas hulleself in ‘n ongekwalifiseerde posisie waar hulle voorgee dat hulle alles van God weet. Vergelyk oa:
En God het gedink...[9]”; Toe sien God”, En God het gesê....”[10]
    En tog is dit die sieninge wat die Afrikanernasie as enigste waarheid geërf het en grootliks nog onbevragend huldig.  Dit is jammer, omdat hierdie siening omvat dat die mens groter as God is. Dis ‘n vreeslike ding om te sê, en tog voel ek my genope om dit te sê.  Maar hoe anders?
Hoe sou die mens weet wat God...reg aan die begin (!)...gesê het, gedoen  het, gevoel het, gesien het? Al hierdie dinge is menslike eienskappe, en tog  is Ewigheid nie ‘n  mens nie: Ewigheid sê nie,  Ewigheidsien nie, Ewigheid voel nie...Ewigheid ÍS.  Maar  die Genesisskrywers erf fisiese gode en fisiese godssieninge van die antieke Sumeriërs, en  visualiseer die Joodse Israeliete dit binne die beperkinge van hul menslike erfenis en destydse, beperkte kennis...ook erfenisse van ene Babiloniese Zoroaster, via die sogenaamde P-bron
  Hoe sou die mens hoor wat God gesê het, ervaar het, reg aan die begin, ione jare gelede? Hoe sou die mens weet wat God gedoen het?  Erger nog: hoe sou die mens  weet hoe God  gevoel het, wat God gesien het, gesê het? Wat God selfs gedink het? Ek merk dat oom Zoroaster (die vader van die
uit-die-doodkis-klim-bende...'n idee wat oorspronklik vanaf die Maja, die Sons-of-Paradize en die Annunaki kom), gesê het dat hy 'gesig-tot-gesig' met God gepraat het. En wil ek sê: eina! Ek skryf hieromtrent aan iemand: "Ek kan verstaan dat jy deur die heidense aspek van die Bybel verlei is om te glo dat ons mense kan weet...self besluit (!)...wat God dink, gedink het, gevoel het en besluit het. Daar is nie 'n snowball's hope in hell dat jy/julle/ons ooit kan weet wat GOD gedink of besluit het nie. Kom nou, jy is besig om God tot minder as die mens te verneder tw jy, of christene in die algemeen (hoewel meesal onnadenkend), of 'n uitgelese groepie mense, die selfverhewenes/"Supers", kan weet wat God "besluit" het. Iemand verwysin ‘n koerant na ‘...meneer don Herman se onbetrokke God.’
 "Jammer om dit te sê, maar, Vriend, jy is deur 'n afgod, die Bybel, verlei om te glo en te redeneer dat JÝ kan weet wat GOD besluit het. Is dit nie tyd nie dat jy insien en erken dat wat jy eintlik sê is dat JÝ SAL BESLUIT WAT GOD BESLUIT HET! Twak! Vergeet daarvan. Dis satanies om te beweer dat 'n mens kan vasstel wat God gedink en besluit het. Dis verregaande, dis hoogmoed in die ergste graad. Kom nou, staak dit. Asseblief."

    Mens staan verstom dat daar sonder behoorlike bevraging van hoe-sou-die-nie-eers-kon-lees-nie oermens-al-hierdie-God-dinge-bekom-het tot geloofsstukke oorgegaan is. En hoe sou die oermens die verbatim kon aanteken, sonder die gebruik van skrif en taal, wat tog veel later gekom het? Baie later. Baie, baie later! Hier behoort ons kennis te neem dat daar eers in 1,200 vC se kant met die kernaantekeninge van Moses se Pentateug begin is en dat die behoorlike op skrifstelling eers later mee begin is...so vanaf 800 vC, en i
s die skeppingsverhaal van Gen. 2 en3 eers na die ballingskap (na 500 vC) geskryf en in Genesis ingevoeg/bygevoeg, as 'n tweede skeppingsverhaal...sienDie P-bron”...dit sluit die boek Dani
ël (Beltsassar) en Job (Shubsi)  in.
    As mens mooi daaroor nadink, dan skyn ‘n benadering hieruit
van ‘n mens wat alles van God weet: hoe so ‘n God sien, dink, voel en te werk gaan. Dis verregaande. Die mens, ‘n eindige, aardse entiteit, kan nie die oneindige omvat nie: finitum non capax infiniti. Wat ek hieruit aflei is dat geen eindige mens die Opperwese/God/Ewigheid kan begryp, beskryf en/of omvat nie. Enige voorstellings van ons mense hoe Dit is (nie manlik nie!), of om Dit te beskryf, of hoe Dit praat, voel, dink, sal heeltemal ontoereikend wees, ook fataal, want dit sal so ‘n mens op ‘n afgodspad plaas, deurdat van God/Opperwese ‘n mensbeeld/menssintuiglike wese gevorm is, wat die ware beeld van God/Opperwese verdring.

     Maar, aksiomas[11] word ook vrylik in Genesis aangewend. Reg aan die begin, die eerste sin van die Bybel, lees as volg: “In die begin het God die hemel en die aarde gemaak.” Meer aksiomaties as dit kan mens nie kry nie tw die ongemotiveerde en onbewysbare bewering word gemaak dat die skeppingsdaad, van “hemel en aarde”, in die begin gemaak is.
   
Die begin word beide beweer en as feit gestel sonder enige vêrdere grond; en  die enigste,  moontlike, menslike optrede hieruit is om dit net so, ongekwalifiseerd, te aanvaar, sonder enige, vêrdere bevraging. Let daarop dat ‘n Zombie-vereiste hierin na vore kom, wat nogal heel algemeen bevrageloos as godsdienstige uitgangspunt aanvaar word..
    Bowendien is hierdie stelling onwaar: die aarde is nog jonk, net 4,6 Biljoen jaar jonk, en dis beslis nie in die begin gemaak nie:  sien my “Datumlys”.
    Ek is van mening dat hierdie tipe van aksiomatiese beweringe vorentoe meer-en-meer deur die mensdom verwerp sal word, veral daar ons vandag weet dat die Aarde baie jonger as die ruimte en ander ruimteliggame is. Tewens, die aarde is relatief nog jonk en beslis nie “in die begin” geskep/gevorm nie...bygesê as dit geskep is en nie vanself ontstaan het nie. Ek aanvaar laasgenoemde.
    Die terme “hemel” en “aarde” word breedweg as aksioma gestel. Sou dit die ander planete in ons sonnestelsel insluit? En sou dit die ontelbare ander hemelliggame in ‘n  oënskynlik oneindige sonnestelsels insluit? En het “God” (die Een/een waarna Genesis verwys) net die jong aarde (naas die ’hemel’) geskape? Dan is daar heelwat "hemels" in menslike oog.
    Dit lyk al asof diè god / God beperk is tot menslike, tydgenootlike begrip...net ‘n “hemel” en ‘n “aarde” is geskep, wat ons al lankal weet nie die enigste geval is nie.
    En vanuit hierdie bravadiese, aksiomatiese, eerste, veranderde sin (Genesis 1 vs1) verkry die menslike begintydskrywers eie reg om met blatante aksiomas voort te gaan. Vergelyk o.a.

Toe sien God
[12],
God het toe...”
[13],
En God het gesê….”[14],
En God het hulle geseën…”[15],
En die Here God het bevel gegee…”
[16],
“…terwyl Hy (God) wandel…”
[17],
Toe roep die Here God…”[18]
“…het dit die Here God berou…”[19],
Maar Noag het genade gevind in die oë van die Here…”[20],
En God het gedink…”[21],
En die Here het die lieflike geur geruik, en die Here het in Sy hart gesê…”[22],
Kom laat ONS neerdaal…”
[23],
Daarop verskyn die Here…”[24],
Toe het God van hom af opgevaar…”[25].
In Gen. 32 stoei God(?) beweerdelik met Jakob; 
in 1 Kronieke 28: 19 trek God planne op (hierdie kom algemeen in die godetydperk voor, en toon ‘n voorliefde by die Annunaki vir die bou van zigguratte / tempels).
God maak rokke vir Adam en Eva.[26] 
In Gen. 18 sien Abraham drie mans aankom, wat hy nie herken nie, en later blyk een, volgens hom, God te wees, en hulle eet saam het hom en slaap in sy huis, plus nog ‘n paar mensdinge, met kwaai gevolge. En meer.
    Hierdie aanhalings noop my om te skryf: maar dis woorde wat ‘n  heel fisiese, menslike god, of gode, beskryf: ‘n manlike ouman-god, wat soms heel immoreel optree; want hy kon tog in die oë van die patriargale, bybelse begintydskrywers net manlik wees: ‘n vrou was in hulle opvattings van destyds onheilig en minderwaardig … soms en sommer heel algemeen sommer sleg … en dit was dus vir hulle ondenkbaar dat ‘n ware God vroulik kon wees.[27] Van ONSYDIGHEID het hulle nie eers geweet nie.
    Alhoewel die voortydse, Sumeriese (Babiloniese) geskrifte en oorleweringe aan die Joodse Israeliete bekend was, en vrouegode vrylik daarin voorgekom het, soos Antu, Ninhursag, Inanna en andere, het die Joods-Israeliese skrywers oënskynlik doelbewus die vroulike persoonlikhede vanuit hul godebron en –verwysinge gelaat.[28] Hulle is natuurlik hierin tydens die ballingskap deur oom Zoroaster se sieninge baie beïnvloed. Dit het al baie van ons seker laat vra: wie was God se vrou? (ons weet tog vandag dit was An-tu. En hoekom het die goderyke van die Bybel[29] net seuns en nie dogters nie?
    Miskien moet ons hier kyk na wat ek skryf in “
Wie is God?” t.o.v. God se vrou:
    "Dit wil vir my blyk te wees dat:
    1)   Die idee van meervoudige ligbrongodfigure het saam met antieke ruimtevaarders (die ‘gode’ van die ou tyd) aarde toe gekom…dis deel van ons kosmiese erfenis.
    2)   Daarby het die mens hul ruimtevaarderspioniers as gode beskou.
    3)   Die beginmens het in grootse dwaling God as ‘daar bo’ gesien en in die begin die hoofligbron, die son, as god / God begin aanbid (“The worship of the Sun-God was quite universal in the ancient world”). Waarskynlik het hul oervoorsate, die gode...ruimtepioniers...die mens hierin beïnvloed. Ja, ook van die gode het in tye van nood hul tot die songod gewend.
    4)   En hiervandaan is die aanbiddingsblik na ‘n verdere ligbron, die maan, gewerp, en is die maan as verlossingsgeleier en algaande as bemiddelaar beskou en aanbid tw ‘die Seun-van-God /god’ wat die sonde, en die opperste, beweerde sondegevolg, die menslike dood, beweerdelik van sy volgelinge wegweer: hoewel sy aanbidders ook sterf, kry hulle, in navolging van ou Persiese/Mithraanse/Majaanse denke (deur 'n onbekende Daniël-skrywer in Joodse Israel ingevoer...of is dit maar die
P-bron-priesters?), 'n vêrdere, ewige lewe, of te wel, sy volgelinge bly verlig.
    Nou hoekom sou die maan as geleier/afleier, en dan verlosser, gesien word?
    Wel, dit blyk dat ‘n maan noodsaaklik is vir langdurige lewe op 'n aarde-tipe planeet; want, daar kom gedurig voorwerpe (asteroïdes, komete edm) uit die kosmiese ruimte in botsing met planete. Waar daar 'n maan is, keer die maan, of mane, die botsingsvoorwerpe af. Dis hoekom die maan so vol gate is. Dit werk as volg: in geval van die aarde, omsirkel die maan die aarde heel vinnig … sowat elke 28 dae. Die kans bestaan dus dat inkomende botsingsvoorwerpe eerder die maan as die aarde sal tref; die maan is dus die afleier, geleier, en dit weer lei tot sieninge van bemiddelaar, en ook Seun-van-God/god t.w. die mindere ligbron, nader aan die aarde en die mens, wat bestaansbedreiging wegneem…nogal, beweerdelik, die menslike, fisiese dood.
    Algaande is die ligbronnekonsep deels vermenslik/verhumaans en kry ons ‘n aanbiddingswarboel van ‘n ‘daar-bo’ Vader/god/God-die-Vader/songod/Nut/Ra/Aton/Sol ea (ook in die Midde-Ooste beïnvloed deur die oorgedraagde konsep dat God-die-Vader, koning An, van Nibiru, in die hemel, daar bo, aanbly) en talle vermenslikings van die verlossersgodidee (mindere God...seun van die Vader), waarvan die allegories-mitiese 'Jesus', terloops, een van die jongstes is: sien my “Verlossersgode”.
    Dit is egter nodig dat ons daarop let dat die son, bekend as God/God-die-Vader, alleen in ons sonnestelsel staan, sonder 'n ander, soortgelyke ruimteliggaam as maat, en dis waarskynlik waar die mens sy kinderlike begrip van 'n alleen God/God-die-Vader vandaan kry tw ‘n manlike ‘God’/god, sonder 'n maat, vrouloos, wat pa staan vir die mindere, verwyderde ligbronfiguur, die aardse maan; laasgenoemde wat dan in geloofsbeskouinge tot die ‘Seun-van-God/god’ ontwikkel het, en wat tot 'n menslike verlossersgodkonsep ontwikkel het by die mens…natuurlik ook sonder maat/vrou en ook sonder dat die Westerse/Israeliese verlossersgod, Jesus, se huwelik en sy latere skei van Maria Magdalena nie geopenbaar mag word nie en natuurlik deur christene ontken word..
    Wanneer die mens na die begrip God/god-die-Vader verwys, en ‘Hom’/hom aanbid, word daar dan in effek die Son aanbid (“the central thesis of religion”), en kan mens die meeste hoofgodsfigure na die son, as oer-God/god-bron, terugherlei. Dit verbaas dan ook nie dat geloofsterme ontwikkel het soos 'die lig oor jou skyn', ‘doop met vuur’, ‘vuur en swael’, ‘n brandende ‘hel’ (lyk my na binne in die son gegooi word?), en nog vele sulke afleidinge."
    En metterwoon is die godsbegrip nader aan die mens gebring en kry ons met 'n menstipe god (God?) te doene. Ja, dit skok mens as mens besef dat die God wat hier in die Bybel aksiomaties aangehaal word ‘n heel menslike God is, of dan 'n vlees-en-bloed, menstipe wese, met oë, bene, hande, neus, hart, brein, ensovoorts. Selfs met ‘n persoonlikheid. Kwaai en onverdraagsaam ook."
    Ja, die mens, met sy tydgenootlike, menslik-onkundige beperkinge, asook plagiatiese beperkinge en vermoëns, het God in menslike terme gevisualiseer, sonder om te dink dat die ware God/Ewigheid daardeur verklein word tot menslike afgod, asook tot objek. “Language was not equipped to deal with a reality that lay beyond concepts and reason.”[30]
    Dit wil blyk, as mens die ontstaansgeskrifte van die mens nagaan, dat die bybelse beginskrywers maar nie ‘n fisiese god uit hul begrip kon kry nie.
    Nouja, sonder om vêrder hierop in te gaan, wil ek dit duidelik stel dat die Genesisboek se begin klaarblyklik as ‘n Israeliese, nasionalistiese geskrif en handleiding geskryf is, en vanuit ouere, antieke-Sumeriese oorleweringe en bronne afgeskryf/ontleen en verwerk is. En dan moet ons die anderkantbure, Egipte, nooit hierin vergeet nie, veral nie hul verlossersgod-pioniersinset via Osiris/Horus nie: dit predateer die Jesus-mite met duisende jare en bevat... ongelooflik...feitlik al die Jesusmites en is daar vele wat beweer dat die Osiris-/Horusmite tot die Dionisusmite gelei het en vandaar tot die Jesusmite...natuurlik met beïnvloeding van ander verlossersmites, soos die Atties- en Mithra-mites.
    Die begindele van Genesis is geensins ‘n unieke, goddelike openbaring aan die Joodse Israeliete nie. Waar daar kennis van omliggende geestesreste geneem is, soos in die geval van die Noag-verhaal, en talle, ander, Sumeriese mitologie en sieninge, asook die latere Zoroaster-sieninge, is die name en feite doelbewus so verander om daaraan ‘n Israeliese, nasionalistiese uitverkorenheid te gee. Daarby noop dit my, na deeglike oorpsrongsondersoek, om te beweer dat al die feite, soos ons dit vandag in ons bybels lees, nie alles deur God/Ewigheid “openbaar” is nie. Beslis nie.[31] Inteendeel ek betwyfel dit of daar veel, of enigiets deur die ware God geopenbaar is...nie dat so Iets buite NIbiru bestaan nie.
    Die verkondiging dat God een groep bevoordeel en net deur een groep (nasie) praat[32], blyk groot voete van klei te hê. Hierdie nosie kom vanuit die kosmiese Nebadon, en die Lucifer-verhaal[33]. Daarby is dit seker algemene kennis dat baie Genesis-mitologieë ontleen is vanuit ouere, Sumeriese geskrifte, soos wat oa in die ENUNA ELISH, EPOS VAN GILGAMESH, ATRA HASIS en vele meer  bekend geraak, en dat ‘n Joods-Israelitiese, heidense inkleding van super uitverkorenheid daaraan gegee is, sonder melding van die oorsprongsbronne: ”It’s most famous contribution to the Pentateuch was, of course, the account of  creation...which drew upon the Enuna Elish.”[34]  Dit behoort reeds vir  lesers duidelik te wees dat die ontlenings van fisiese begintydgode is met name, onder andere, van An-u, Enlil (EL/IL), Enki, Ishkur, Inanna, en vele ander vlees-en-bloed gode.[35]
    Dit noop my om hier te skryf dat dit dringend tyd geword het dat die mens sy geloofswortels gaan opgrawe en, as ‘n saak van dringendheid, dit opnuut beskryf.  Hierdie wortelgrawery sal egter veel dieper as ‘n aardse grawery moet wees, want:
    » Die aarde is nie die middelpunt van die skepping nie, soos die Genesis-weergawe insinueer: geosentrisme. So is daar geredeneer dat die son om die middelpunt van die heelal, die aarde, draai...met, natuurlik, hierin opgesluit dat die aarde eerste in die heelal geskape is en die middelpunt daarvan vorm. Dit het duisende jare en baie menselewens ... op brandstapels (ook ek, twee keer!) ... geneem om die mens van hierdie dwaalweg te laat afsien, en vra mens tereg: het God dan oa nie geweet dat die aarde om die son draai nie? Het God deur al die eeue in 'n dwaling verkeer? Hoekom het God willens-en-wetens toegelaat dat mense wat die waarheid hieromtrent ingesien het lewendig verbrand is?
    » En saam daarmee: die mens is nie die middelpunt van die kosmiese geheel nie. Hoe kon God so iets dink? Dis tog onmoontlik. Dis dan ook belaglik om sulke eenvoudssieninge aan God toe te dig.
    » Die skepping was en is veel groter as net die skepping van die aarde...onbegryplik groot.
    » Die skepping was/is so groots en wyds dat die bybelse begintydskrywers dit nie naastenby kon insien of bedink nie. Ook ons, vandag, is steeds beperk in ons insigte daaromtrent, omdat ons steeds, deur keuse, onkundig is insake die aarde en mens se plek in die heelal-bestaansorde; en ook omdat ons, soos slawe, vasklou aan ‘n siening dat dit belastering van God, die Bybel en alles wat heilig is, om die kern van die beweerde “openbaring” van God aan die mens te bevraag.  Ja, ons is eeue gelede deur die Annunaki, Joodse Israeliete en, veral die P-bron, gemuilband tot ‘n siening wat ons tov ons wortelverkenning so vasboei dat ons dit nie eers durf bevraag nie: ons is te bang. Skuitbang.
    Hokaai!  Staak dit.  Kom ons begin hierdie dinge van voor af verken, en ons stel dit  op skrif, sonder om uitverkorenheid daaraan te wil toeken, sonder om God en mens  daarmee te probeer muilband.
    Ek begin, al kruipend, alleen, bewus van my totale beperktheid...soveel so dat ek geen grond het om te beweer dat dit enigsins die enigste waarheid is nie:   
    »Die aarde vorm ‘n klein deeltjie van ‘n oënskynlik oneindige heelal.
    » Die aarde, en die mens, is so ‘n klein deeltjie van hierdie onbegryplike heelal dat, gesien in die bestaansorde van die heelal, dat dit oënskynlik geen verskil aan die heelal sal maak of  die aarde en die mens bestaan, al dan nie ... nie ‘n druppel in talle oseane nie.
    » Die aarde is een van nege of elf planete, binne ons sonnestelsel, wat om ons son draai.
    » Daar is nog ontelbare sonnestelsels, met hul eie son, ‘planete’ en sterre. In die sewentigerjare het wetenskaplikes beweer dat hulle al meer as 1,500 sonnestelsels geïdentifiseer het, en dat die atmosferiese ruimteheelal alkante toe daarom heen uitstrek, asof toet-en-taal oneindig. Vandag is dit hul siening dat daar ontelbare sonnestelsels is en dat ruimteliggame aaneen alkante toe uitstrek en aaneen geskep word.
    » Maar dis nie ‘n leë, doellose ruimte nie; dit dien ‘n bepaalde doel in die wydse, kosmiese bestaan: ‘n doel wat ons aardlinge nog moet insien en aanvaar. Miskien moet ons aardlinge nog tot hierdie insig groei.
    As God manlik is, dan is die logiese afleiding daaruit dat manlikheid goddelikheid is. En dit is opperste dwaasheid om so iets te beweer. Tog kom beweer mense vandag nog ligtelik dat God manlik is want, sê hulle vir my,
Hy is so geopenbaar”. Dan, wil ek sê dat die openbaring of dwaas is, of dwaas geïnterpreteer is, of nie op die ware God/EWige dui nie.
    Na die begintydmense, uit die Weste, hul god gedefinieer en geskets het[36], het hulle begin dink en skryf hoe om hierdie god hul eie te maak.[37]  En die enigste eie-gode wat hulle geken het, was die fisiese gode, die Annunaki, hoofsaaklik van Sumerië, die latere Babilonië[38]. Hulle kan dus verskoon word dat hulle ‘n godsbeskouing ontwikkel het wat fisies was.
    Dis dan hier waar ons die storie raakloop dat Abraham ‘n god[39] ontmoet...wat hy as sulks aangesien het, ‘n paar dinge saam doen, soos eet, slaap en offer, en dan, op ‘n dag, dan verdwyn die god, sonder om koebaai te sê.[40]
    En in hierdie storie word
die God-idee gesteel. Ja, gesteel en eie gemaak aan Abraham en sy nageslag...al word dit in ons Afrikaanses se geval ‘n simboliese nageslagtoepassing. Lesers mag geskok wees, maar dis tyd dat ons dit besef: Abraham en sy direkte nageslag kom steel die God-IDEE (dis net 'n IDEE!!!) by die Sumeriërs/Babiloniërs en maak dit hul eie, enige god.  Een uit die duisende gode is nou hulle s’n. Dis vordering: Abraham se mense aanbid nou nie meer talle gode nie, nee, hulle aanbid net een van daardie gode t.w. El-Shaddai[41] ... of is dit Robanon?
    Maar nou kom ons by ‘n daaruitvoortspruitende dwaalidee van Abraham en sy direkte nakomelinge, wat tot grootse misleiding lei tw die nosie
dat God (is dit nou hul god?) een persoon bo ‘n ander uitkies: die sogenaamde uitverkiesingsleer...soos dit later genoem word. ‘n Teologiese skryfster omskryf dit as volg: “Jahwe had little compassion for anyone but his own favourites.”[42]
    Die Bybel verhef deurentyd in die Ou Testament se begindele die een volk of mens bo die ander,  en dit word nie deur my as die ware God/Ewige se regverdige daad gesien nie: inteendeel, dit word deur skrywer as ‘n grootse, menslike dwaling gesien, miskien deliberatief aan ons so oorgedra ten einde ons op ‘n dwaalspoor te bring. “Writer D (van oud-Joods-Israel) uses the old myth to illustrate the theology of election.”[43] Nie God nie, maar skrywer D, vanuit Israel, is in dwaling, skryf Armstrong; en ek beaam dit.
    As mens telkemale van net twee seuns in die Bybel lees, vra mens onwillekeurig, waar kom al die Joods-Israelitiese afstammelinge dan vandaan? As mens dan mooi en verder lees, kom mens agter dat daar vêrdere kinders was bo en behalwe die bekende/amptelike seuns.
    Hierdie jongste-seun-bevoordeling is wreed, om die minste daarvan te sê, en mens verwag dit nie van ‘n ware God nie, nie eers van ‘n ouer nie. Skrywer het in ondersoek tot die oortuiging geraak dat hierdie beweringe...insake jongste-seun-bevoordeling...nie van God kom nie en geensins ‘openbaring’ van God is nie: dis menslik-Joods-Israeliese afleidings en verheffings- en hiërargiese denke. As voorbeeld:. “If there is no unrighteouness with God, why is God showing a most ungodly bias by loving Jacob for no reason, and hating Esau for no reason?.”[44]
    Kom ons neem Kain en Abel as voorbeeld. Albei bring beweerdelik offers tot God.[45] 
    Maar, ‘God’ aanvaar, volgens die Bybel, net een broer se offer tw Abel s’n. Hoe die mens sou weet of en hoe God hieroor beslis het, weet nugter...indien God ooit daaroor beslis het; tensy die god waarna hierdie gedeelte verwys fisies teenwoordig was en dit so kon aandui aan die twee broers. En dit lyk heel moontlik en 'n logiese verklaring hiervoor te wees. Dit lei nietemin, beweerdelik, tot onmin, ontevredenheid, tweestryd en, uiteindelik, die dood van Abel, aan die hand van die beswaarde Kain.[46]
    Wie is nou hiervoor verantwoordelik dat net Kain (hoewel simbolies) , ‘n beweerde, bybelse moordenaar, op aarde oorbly om ‘God’ se beweerde, uitverkore nasie op te bou?  Hy, saam met Set, word, beweerdelik, ons aartsvader.
    Die belangrikste is om deeglik kennis te neem dat dit riskant, selfs gevaarlik, is om die oudste Judaïstiese en/of christelike seun te wees, want telkens word die jongste in die Ou Testament van die Bybel, bevoordeel, verhef en, beweerdelik, uitverkies...nie dat skrywer hierdie heidense term aanvaar as komende van God nie. Ja, eers was dit Kaïn wat beweerdelik van "God" vervreem is; toe die arme, onskuldige Ismael; toe Esau, wat deur sy  skelm, maar uitverkore, broer uitoorlê is, ensovoorts.
    Verder moet deeglik kennis geneem word dat een uit twee persone telkens volgens die Bybel verwerp word: dit is 50%!  Met ander woorde, ‘God’ verwerp, volgens die Bybel, een uit twee individue, vanaf die staanspoor, nadat ‘God’ vantevore reeds al die nasies behalwe een verwerp het. Dis wreed! G’n wonder nie dat daar geloofsgroepe is wat beweer dat net 144,000 individue na hul droomhemel toe gaan nie. En wil ek vra: Is dit nie miskien te hoog geskat nie?[47] Ja, na al hierdie uitskakelings is hul "hemel" dalk totaal oorbodig...hulle kan sommer in ‘n vuurhoutjieboksie bly.
    Ai, hierdie bybelse beweringe is onaanvaarbaar. Heeltemal onaanvaarbaar. Om nogal as enigste evangelie verkondig te word, en slaafs nagevolg te word.  Aikona.
  Nou waar sou hierdie bevoordeling en verwerping vandaan kom, wat die grondsteen is van Israeliese bybelopenbaring en die daaropvolgende uitverkiesingsleer van die Christendom en ene Calvyn?
    Dis, myns insiens, nie ‘n uitverkiesingsnosie nie, maar wel ‘n verwerpings/verhewensheidsnosie, nie van goddelike oorsprong nie, maar erflatinge van menslike, kleinlike tastinge, en ‘n blinde soeke van die Joods-Israelitiese stamouers om ‘n verduideliking te probeer gee van kosmiese gebeure, waarvan hulle gehoor het. Dit blyk dan ook dat "die Paradysseuns", van "die Galactic Federation", se bewering dat hulle deur ‘God’ uitverkies is, dat ‘God’ net deur hulle praat, dat hulle deur ‘God’ se toestemming/aanwysing in die kosmos mag regeer, ensovoorts, op die Joodse Israeliete van toepassing probeer maak is/herlei is. Kyk maar hoe word daar beweer dat ‘God’ net via die Bybel met die mensdom praat. Dit tref dan ook dat in die Galactic Federation dit tot ‘n grootse oorlog gely het, wat ons as die Lucifer-/Satanverhaal deels leer ken het. Ook op aarde lei hierdie uitverkorenheids-drogredenasie tot onmin, oorlog en verdeeldheid onder die mensdom, en veral rondom Israel. Dis te betreure. Ek skryf in ‘n artikel, “DIE UITVERKORE NASIE”, as volg: "
En verbaas dit nie dat ten grondslag van hierdie, kleinlike denke lê die heidense nosie dat God kwansuis een of ander groep bo ander uitverkies, waarvolgens daardie uitverkore groep hemelse voorregte en regte verkry. Ek herhaal: heidense nosie!"
    Verder wou die vroegmens hulleself ook so met die ‘hemelse’ God-die-Vader, An-u, van die ou tyd, assosieer nl. om, soos hulle foutiewelik gedink het, twee seuns te hê (hy had twee op asarde te Enki en Enlil)...al is dit dan wettige seuns teenoor onwettiges, of eerste-vrou-kinders teenoor latere-vroue-kinders...en een bo die ander te verkies, in navolging van hul god-die-Vader in hul verwarde, onkundige, onervare godssiening.[48]
    As ons egter die Sumeriese aardleiers,
Enki en Enlil, as aardse pioniers sien, en nie gode nie, dan is die jongste-seuns-bevoordeling, en gepaardgaande verwerping van die oudste seun, bloot geskiedenis met ‘n bepaalde rede[49], en nie komende van God nie; en glad nie ‘n grond vir ‘n evangeliese uitverkiesingsleer nie. En as mens hierdie redenasie aanvaar, dan sal mens die hele bybel vanuit ‘n ander hoek moet beskou en benader, want die uitverkiesingsleer (wat ook, tereg, verwerpingsleer genoem kan word) is ongelukkig ‘n hoeksteen van die bybelse boodskap, wat deur ene Calvyn buite verhouding in interpretasie verhef is.[50]  “Like any human idea, the notion of God can be exploited and abused.”[51]  “The danger of such theologies of election... Instead of making God a symbol to challenge our own shortcomings, it can be used to endorse our egotistic hatred and make it absolute. It makes God behave exactly like us, as though He were simply another human being.”[52]
    As ons nou ‘n twee-seuns-tabel beskou, sal u die ooreenkomste duidelik raaksien tussen Joods-Israeliese twee-seuns-nosie, An se twee seuns, Robanon se twee seuns en God se beweerde seuns/afstammelinge, asook die heidense bevoordeling van die jongste.

Vader

Oudste

Jongste

G O D

DIE MÔRESTER

‘n gevalle hoofengel/ ‘Seun van God’;
moontlik broer...daar kom in hierdie tipe mitiese verhale altyd 'n broer voor wat glo die kwade verteenwoordig; in baie gevalle 'n tweelingbroer.

JESUS

Beweer te wees Michael,
of Ismael,
of Lucifer,
of Satan.

Jesus is eers gedurende die Romeinse era as't ware ontdek of geskep en as seun-van-God uitgemaak, en selfs gelyk aan die Vader.

AN-u

"God-die-Vader"
(in die hemel’)

ENKI
D
ie beweerde slang.
Hy word afgesit/verwerp, en neem Enlil oor as uitverkorene.

ENLIL
D
ie seun wat kom oorneem het op aarde.
Die uitverkorene

ADAM

KAïN
Verwerp

ABEL
Uitverkies
Set: neutraal

ABRAHAM

ISMAEL
Verdryf

ISAK
Uitverkies

ISAK

ESAU
Verwerp

JAKOB
Uitverkies

JOSEF

MENASSE
Patroonmatig geseën

EFRAIM
Patroonmatig nie geseën nie.

God

"Uitverkore” mense

                  "Verwerpte" mense

 Genoeg gesê. Onlangs lees ek die volgende: “Each one of you think of your siblings and notice any seperation you have from them. If you will contact that sibling and relink yourselves, arguments between the Gods will be finished, for they all sourced in sibling conflicts. This is the confusion that was implanted by means of Cain and Abel, Horus ans Seth, and Enkli and Enlil. Go heal it with your brother or sister now!”[53]
    Hier volg ‘n voorbeeld van hoe die gode in die Bybel as Here en God ingebring is:

DIE TORING VAN BABEL

Hierdie is ‘n baie interessante stukkie geskiedenis, en voel ek my verplig om dit hier aan te haal.
    In Genesis 11 word hierdie dinamiese stukkie geskiedenis beskryf. Nou word dit deur geskiedenisbronne aangedui dat Nimrod, ‘n leier onder die mense, te Baälbek (moderne Libanon, waar 'n groot tempel, met verskeie name is) ‘n toring gebou het, soos die gode s’n, in opposisie tot die god[54] Enlil, sodat hulle self met god [55] (in "die hemel"...dis nou Nibiru) kon praat en met mekaar kontak kon hou[56].
    Nou waar sou so ‘n verregaande/“onheilige” idee vandaan kom?
    Eerstens moet ons daarop let dat die Annunaki in verbinding met hul ruimtetuie, Nibiru en mekaar gebly het. Enki, wat die eerste koninklike (genoem “God”) op aarde was, was ‘n ingenieur. Later kom die kommunikasiedeskundige, Enlil, en rig ‘n kommunikasiesisteem op, as een van sy prioriteite. Hy rig dan ‘n hoë toring op, “wat tot die hemel strek”; en oral waar Annunaki teenwoordig was op aarde het daar koepelvormige strukture met drie torinkies voorgekom, wat oënskynlik hul radiotorings was.
    Nou skyn dit logies te wees dat die NEFILEM hiermee met mekaar kontak gehou het op aarde. Die hoë hooftoring het dan kontak in die ruimte moontlik gemaak. En hier wil dit vir my blyk dat die Nibiruane ‘n space station moes gehad het, vanwaar kontakgesprekke herlei is na die bewegende planeet Nibiru, koning An-u en sy bewoners.
    Nouja, die ontwikkelende mens wou toe op ‘n stadium hul eie toring bou om presies dieselfde te doen tw om met mekaar in kontak te bly EN OM DIREK MET ‘GOD’ TE PRAAT! Vers 4:
“Kom laat ons vir ons ‘n stad bou en ‘n toring waarvan die spits tot aan die hemel reik; en laat ons vir ons ‘n naam[57] maak sodat ons nie oor die hele aarde verstrooid raak nie.”
    Hulle begin toe ‘n toring bou wat na ‘die hemel’ reik: hoog, tot waar daar self met die gode, of god, gepraat kan word. Nou wat is sodanig daarmee verkeerd?
    Wel, dan sou hulle kompetisie vir die Nefilem/Annunaki/aardse gode, wees, en dit bring die mens in kompetisie met sy meesters, die Nibiruane, wat hulself as gode beskou het. Ook die “sodat ons nie oor die hele aarde versprei raak nie”, dui daarop dat die mense, soos die Annunaki, met mekaar in kontak wou bly.
    En wat sou nou so onheilig daaraan wees? Dis tog net die baasskap van die Annunaki (die gode) wat daardeur aangetas sou word.  En net hulle is deur hierdie optrede bedreig, en nie die ware God/Ewige nie.
    Die gode was nie daarmee tevrede nie en Enlil (hoofgod van die aarde) verwoes toe (vanuit die lug) die mense se toring van die hemele, bekend in die Bybel as “die toring van Babel”. Dit  was egter ‘n kommunikasietoring, dieselfde as wat Enlil opgerig het.
    Let gerus ook op die woordkeuse van “die Here” en “ONS” hierin.
    vs. 5:
“Toe daal DIE HERE  neer om die stad en toring te besien.” “Die Here” dui waarskynlik op Enlil (hoofgod) wat soontoe gevlieg het (met sy lugtuig / vliegtuig/ Mu-tuig) en dit gaan bespied/verken het.
    Nou sê Enlil in vers 7 aan sy mede-gode: 
“Kom laat ONS neerdaal en hulle taal verwar.....”. Let daarop dat Enlil nie Nimrod[58] alleen kon aandurf nie. Hy kon ook nie op eie besluit dit doen nie: hy moes sy mede-gode raadpleeg, soos oa Enki, en miskien ook An-u, op Nibiru, via radiokontak.
    Die gebruik van die woord “ONS” om beweerdelik God aan te dui word teen hierdie agtergrond duidelik as verwysend na die Annunaki (meervoudige gode) en nie een God in verskillende kontekste nie.
    Daar is in my gemoed nie meer twyfel nie dat ons mense in die begin van die Bybel met verwysinge na
meervoudige, fisiese gode te doene het, en dat ons pogings om die meervoudige verwysinge van gode, na een “God” toe af te praat nie suksesvol is nie: dit vertraag net die proses waarin die mensdom hul fout gaan agterkom en ons geërfde ‘openbaring’ gaan verwerp. Mag hulle nie Ewigheid ook in die proses verwerp nie.

Notas

    1]  Die belangrikste bydrae van hierdie god-konsep is dat daar gesê word, dat daar net een God is. Hierdie God sê die K’oran dan is Allah, die enigste God!  En dis ‘n belangrike stelling. Dis ‘n totale afwyking van enige, meervoudige gode-konsepsie, en binne hul tydsera 'n allemintige bydrae.
    [2]  Die kulturele godsopenbaring blyk die grootste probleem te wees. “Die-Ons-God-konsep” lei ook oa tot haat, oorlog, doodmaak en stryd tussen gelowiges...ook onverdraagsaamheid, steeds die euwel van ons tyd.
    [3]  A HISTORY OF GOD; p, 9,  Karen Armstrong. Ek beskou hierdie boek as 'n goeie inleiding tot die god/God/gode-onderwerp. Beslis lesenswaardige.
    [4]  Alle Bybelse inhoudelike het tog nie terstond by Moses omstreeks 1433 begin nie.
    [5]  A HISTORY OF GOD; p.13, Karen Armstrong. 
    [6]  Hoe bewys mens so ‘n bravadiese stelling?
    [7]  Die latere Babilonië. In hoofstuk hierin, “Ons Kosmiese Ouerhuise”, word hierdie onderwerp meer volledig bespreek. Deurgaans in hierdie boek sal lesers meer verwysinge hierna vind.
    [8]  Onses insiens verwysend na die Elohim ... die gode.
    [9]  DIE BYBEL; Gen. 8:6 e.a.
    [10]  DIE BYBEL; Gen. 1:3
    [11]  ‘n Stelling wat sonder bewys as waar geneem word.
    [12]  DIE BYBEL; Gen. 1:4, 6:12 e.a.
    [13]  DIE BYBEL; Gen. 1:7
    [14]  DIE BYBEL; Gen. 1:3 e.a.
    [15]  DIE BYBEL; Gen. 9:1 e.a.
    [16]  DIE BYBEL; Gen. 2:16
    [17]  DIE BYBEL; Gen. 3:8
    [18]  DIE BYBEL; Gen. 3:9
    [19]  DIE BYBEL; Gen. 6:6
    [20]  DIE BYBEL; Gen. 6:8
    [21]  DIE BYBEL; Gen. 8:1
    [22]  DIE BYBEL; Gen. 8:21
    [23]  DIE BYBEL; Gen. 11:5>7
    [24]  DIE BYBEL; Gen. 12:7, 18:1 e.a.
    [25]  DIE BYBEL; Gen. 35:13. Die woorde “opvaar” dui onteenseglik op ‘n opstyging in ‘n lugtuig / vliegtuig / helikoptertipe, en sou die vroegmens dit wel as 'opvaar' kon interpreteer (die gode wat in die lug rondvlieg). Eweneens het hulle waargeneem dat die gode na hulle toe “neerdaal”.
    [26]  DIE BYBEL; Gen. 3:21
    [27]  ‘n Vrou kon nie na hul hemel (shèol) toe gaan nie. Dit was in Joods-Israeliese oog net vir die mans beskore. Vandag klink so ‘n siening vir ons belaglik, en wonder ek hoe God toentertyd daaroor gevoel het en hoe Dit vandag daaroor voel.
   
[28] Heelwat vroulike gode kom in ander kulture voor. Sien nota 1, in hoofstuk 3, “Gilgamesh” en die ewige lewe. Vrouens kon nie die ewige lewe bekom nie.
    [29]  Gode, want daar is die Ou Testamentiese koning-god en die Nuwe Testament se ‘Vader-in-die hemel’, en, natuurlik, Jesus.  Dit wil egter lyk of Jesus ‘n dogter gehad t.w. Sa-Ra / Tamar: sien “The Urantian Book”  en “JESUS THE MAN”, van Barbara Thieron ... asook dat sy met die mitiese Paulus getrou het. Mens wonder onwillekeurig of sy haar goddelikheid kwyt is omdat sy ‘n vrou was. Ai, arme vrou.
    [30]  GODS OF THE NEW MILLENNIUM, p.2  Allan A: Alford
    [31]  Sien hoofstuk hierin, DIE BYBEL.
    [32] Die verkondiging dat ‘n sekere groep deur God uitverkies is en dat God net via dié bepaalde groep praat, blyk ‘n stokou begrip te wees wat uit kosmiese geskiedenis ontleen en aan die mens oorgedra is. Vergelyk die Sons-of-Paradize se bewering in die Galaktiese verhaal van Lucifer, waarin hulle beweer dat hulle deur 'God-die-Vader' uitverkies is: sien hoofstuk “Satan/Lucifer: Rebellie”, asook die boek DIE ALTERNATIEF.
    [33]
  Lucifer was daarteen gekant.
    [34]  A HISTORY OF GOD, p. 43,  Karen Armstrong.
    [35]  Sien Hf. hierin “Ons Gode”, asook “Ons Kosmiese Ouerhuise”.
    [36] ‘n Persoonlikheid as’t ware aan God toegeken het.
    [37]  Nog voordat Moses en nakomelinge die Genesis-boek saamgestel het.  Moses het nou die dag gelewe, sowat 1,300 v.C.. Abraham se ontmoeting met hierdie god-koning vind glo in ongeveer 2,090 vC plaas. Hierna verdwyn hierdie god-koning en hoor ons eers weer in Moses se tyd, en wel in Ex. 6, van hom ... of iemand anders wat toe as JaHWeH die Israeliete se god-koning word.  
    [38]  Abraham het immer van Ur in Sumerië af gekom. Sumerië het later van tyd Babilonië en Assirië geword.
    [39]  Glo lesers werklik dat dit die almagtige God was wat as menstipe op aarde en wel in die Midde-Ooste kom bly het en net vir een mens en daaropvolgend vir een groep mense beskikbaar was as El-Shaddai en toe JaHWeH?
    [40] Hierna verdwyn die god El-Shaddai en hoor ons nie weer van hom nie, tot in Exodus 6, toe hy moontlik / oënskynlik as JaHWeH aktief tot Israeliese sake toegetree het ... as dit dieselfde entiteit was. Daar is verskil van opinie of dit dieselfde "god' was. Baie. Ook word dit beweer dat die priesters, die P-bron, die naam JHWH, na die ballingskap in Ex. 6 ingeskryf het .... saam met 'n oorvloed veranderinge in hul bybel.
    [41]  Die Nibiruaan, Ishkur, seun van Enlil (EL). Sien hoofstuk hierin: “JaHWeH”, vir meer besonderhede.
    [42]  A HISTORY OF GOD, bl 27,  Karen Armstrong.
    [43]  A HISTORY OF GOD, bl 28, Karen Armstrong. Insake skrywer D, sien “Die Bybel”-hoofstuk  hierin.
    [44]  Langley N:  EDGAR CASE ON REÏNCARNATION.
    [45]  Die bring van offers is ‘n heidense gebruik, wat tot baie misbruik gelei het. Dit stam vanuit die konsepsie dat ons (mense) die gode (die magtiges) tevrede moet probeer stel.
    [46]  Kain was moontlik (waarskynlik) 'god' Enki (Nibiruaan) en Eva (mens) se seun. Vir my klink dit op ‘n manier haalbaar.
    [47]  Aan die einde van 1998 is die lewende mense op aarde op 6 Biljoen beraam!
    [48]   Omdat hulle net van An se twee seuns, Enki en Enlil (en later maak hulle ‘n afleiding dat dit Jesus en Satan is), geweet het, het hulle foutiewelik aangeneem dat koning An (en ‘god’) net twee seuns gehad het. Koning An, van Nibiru, het inderwaarheid 80 kinders gehad. Daar was ‘n derde seun van An (moontlik 'n broer, Alalu / Koemarbie) wat aarde toe gekom het en wat moontlik kon lei tot die Bybelse uitgeworpene t.w. Satan, op aarde.
   
Byvoeging: Die idee dat hul god-vader twee seuns gehad het, kan ook van hul beweerde oerstamvader dateer t.w.:
    Die storie van Abraham met sy onderskeidende / amptelike seuns (hy het heelwat meer seuns en dogters gehad) kom moontlik van 'n vroeëre geskiedenis, wat vermitifiseer is. Daar word in Tiaabu-oordraginge beweer dat humane vanaf die planeet Herba in die oertyd, in 'n verkenningstuig van buiteaardse oorsprong, probleme met hul ruimtetuig ondervind het (hierdie tipe verhaal tref ek baie aan) en toe in die suide van Rusland geland het ... sowat 10,000 vC. Nouja, daar bly op die ou end toe net drie oor t.w. 'n man (Robanon) en twee vroue (Levia en Dina); effe korter as die normale mense op aarde, met oorerflike eienskappe wat ons by die Joodse nasie aantref. Hulle trek toe suid, waar die twee vroue geboorte skenk aan twee seuns, Ranan en Rabion. (Hierdie twee se geskiedenis is moontlik in Israeliese mites verander en aangepas tot Isak en Ismael, en also in die Joodse bybel beland ... in Griekse mitologie kry ons wel die twee R'e t.w. Romulus en Remus). Uit hierdie afstammelinge van Herba ontstaan dan die Hebreërs ... Israeliete! (Meer detail is beskikbaar en kan ek weereens die vergoddeliking van buite-aardses duidelik agterkom ... ook hierin ... lees gerus die hoofstuk “MULTIDIMENSIONELE DENKE”. Let ook op eerste letters van name (wat natuurlik oor eeue verander is, saam met vermitifisering): R en R, word I en I by Abraham se nageslag. Selfs die oer-vrouename interesseer my: Levia kon maklik Eva word, en Dina word Diana (let op latere byvoeging van klinkers in Hebreeuse skrif ... dit sou hierdie aanpassings verklaar).
    [49] Die Nibiruane het die gebruik gehad dat broer en suster met mekaar trou. So was Enlil, volgens hulle, die beste afstammeling, daar hy die seun was van koning An en sy bloedsuster-vrou, Antu.
    [50] Die hele verwerpingsidee ... genoem uitverkiesingsleer ... het uit menstipe, fisiese gode ontstaan, of is ontleen uit ‘n onaanvaarbare verhewenheidskultuur en is, myns insiens, nie komende vanaf ‘n ware God nie.
    [51] A HISTORY OF GOD, bl 28 Karen Armstrong.
    [52] A HISTORY OF GOD, bl 67, Karen Armstrong .
    [53]  THE PLEIADIAN AGENDA, bl. bladsy 189; B.Clow.
    [54]  ‘n Aardse titel.
    [55]  Verwysend na god-die-Vader An, koning van Nibiru, ‘die hemel’.
    [56]  Ongeveer 3 800 vC tot 3 450 vC.
    [57]  Die woord “naam” kan anders vertaal word. Ek gaan egter nie daarop in nie.
   
[58] Terloops, Nimrod was ook bekend as ‘n Seun-van-God. 

Einde van hoofstuk 2

10 Junie 2010
Germiston
Suid-Afrika

© Kopiereg van hierdie oorspronklike stuk/materiaal word streng voorbehou deur Skrywer. Enigeen mag egter die inhoud hiervan versprei of herpubliseer, op voorwaarde dat die volle teks gepubliseer word, met verwysing na Jeshua, die skrywer en bron.

Enigeen is welkom om kommentaar te lewer, per E-pos, na aruan@nuwemens.co.za

Gaan na Hf-3
Gaan na INHOUD-Ek Vra Na God
Gaan na Indeks
Kontak