Jahwêh-Ishkur boodskap nr 2

Ons kom!

Kyk, kyk, kyk, ek kom...
óns kom,
ja, die Annunaki kom,
die Nibiruane kom,
die elohim kom
weer ‘n keer aarde toe.

Ons planeet
draai in apogee
om ‘n ander son
en om julle son,
en nou is dit julle beurt.

Dit is nie toevallig nie.
Dit vorm deel van tanse groot veranderinge
van aarde
en mens.

Nibiru se wederkoms
bring altyd grootse veranderinge
vir aarde en die Mens.
En alhoewel so gepredestineerd,
kan ons sydelingse tydsveranderinge aanbring.

Weet julle wat?:
ons was nog altyd deel van julle
van julle geskiedenis,
van julle lot;
en nou sal ons groots
deel van veranderinge wees groots,
ons sal julle hande kom vat,
as ‘ouers’ julle kom wys die pad
van heelalswesens
op pad na die Heelal,
as kosmiese kinders,
nou na heelalsvolwassenes,
van op-jul-knieë
na werklikheidslede...

Deel van die groot werklikheid.

Ons weet ons was jul God,
ons weet ons was vir jul God,
en ons koning, An-u, Vader-God,
maar An-u is nie meer
en is dood daai “God”;
nou, saam met andere,
wil ons julle kom vry maak
van die vasmaak god-IDEE,
die magtige beheeridee
van ‘n uitgedinkte “God”.

Dit is swaar,
ons weet dit is swaar,
baie swaar,
maar dit is nodig
dat julle nou ervaar verlossing
van die God-binding,
control possession,
magtige beheeridee,
van eks koning Anoe,
getitel ‘God-die-Vader’
om oor jul te heers as vader,
god vader,
steeds jul God-Vader...
’God-die-Vader’,
al is hy oorlede,
so tien van jul verbyjare.
Tog is dit gebiedend noodsaaklik
dat julle vry gemaak word dadelik
van bindinge genaamd ‘God’
met miljoene gode genaamd ‘God’,
want hy is nie meer, An-u, vader god.

Word nou vry
van die God-bindinge
van die An-u tyd,
van God en gode,
godsdiens van die verbeeldings-God
in vorme van miljoene gode.
"

Ontvang en geskryf deur A
aruan
11 Des 2011


© Kopiereg van hierdie oorspronklike stuk/materiaal word streng voorbehou deur Skrywer. Enigeen mag egter die inhoud hiervan versprei of herpubliseer, op voorwaarde dat die volle teks gepubliseer word, met verwysing na Jeshua, die skrywer en bron.

Maak seker jy druk altyd REFRESH 3 keer ten einde die jongste weergawe te sien!

Enigeen is welkom om kommentaar te lewer, per E-pos, na aruan@nuwemens.co.za

Gaan na JaHWeH Praat-3  
INHOUD-Ishkur

Index