Jahwh-Ishkur boodskap nr 3

 10-08-2010

  Ek is deur Ishkur wakker gemaak, of ek het saam met hom wakker geword.

  Hy gee my toe n kort inleiding, maar ek het dit nie neergeskryf nie en vergeet.

  Hy verwys toe na die wegvoering van die Israeliete na Babilon/Irak.

  Die tyd toe hulle sonder God-m was, Aruanja...dit was bepland, in soverre as wat ek dit kn beplan, rel en in toepassing laat kom.
  Sien, my tyd was verby, en saam met my die era/tyd van die gode. EK was uit, weg, terug
Nibiru toe, en my voors en beheer (control) van die Israeliete was daarmee beindig: hulle sou n geen-god periode binnegaan. En in Babiloni, die Sentrale Son van Israeliese geloofsdenke (die basis van hul godsdiensdenke kom uit Egipte), vind hulle toe n surrogaat /plaasvervanger vir my, weereens n God, net veel erger as wat ek ooit kon wees, nl AM, Ahura Mazda, met sy bondgenoot. AM, Agra Maynu, Ou Maaineuker, soos jy hom naam gegee het.
  AM = AM

 
 Ek het dit nog nooit so raakgesien nie, oom Ishkur.

  Ja, dit is so, die twee is n gelyke dualisme, identies, net anders in prentjies in die comic books.

Latere invoeging deur Aruan: As ek Ishkur se woorde bedink, dan begin dinge vir my na 'n moontlike andersheid lyk. Hy s oa "...my voors en beheer (control) van die Israeliete was daarmee beindig: hulle sou n geen-god periode binnegaan." Let daarop dat Ishkur nie 'n plaasvervangende god voorgestel of beplan het nie. Dit is wat h s.
  Nou lyk dit my dat daar destyds al bedoel is dat die Israeliete geestelik en spiritueel op hul eie bene sou/moes staan, maar dat hulle geboeid geraak het aan die God-idee: in Babilon tel hulle dus 'n nuwe God op
: sien my hoofstuk "
Die P-bron", wat die gordyn so 'n bietjie lig van wat in Babilon gebeur het.
  Is dit nie maar presies waar ons nou staan nie?: Ook ons God-era het ten einde geloop (dit is tog duidelik), maar ons klou steeds vas aan die ou, gevestigde God-idee, en kan en wil nie op eie geestelike en spirituele voete staan nie.

 Tussenval.

  Wat begeer jy, Aruan? Hoe wil jy jou lewe vooraan h?
 
 Fantasties, uiteindelik vra iemand my dit, en dit nogal n uiters baie belangrike een, een soos jy. Dankie.
  Ek dink so n rukkie.

  Ek soek rustige vredebaie tyd om kalm, rustig en in diepte die dieptes van verkenning en verwerking van die, hierdie en ander en meer gevorderde geheimenisse te ontvang, ontrafel, in te neem en toe te pas as n amarilla in blom.
 
 Wag, Buddha Aruan, jy is nou die Pers Lotus, nie meer n amarilla nie.

  k!?
 
 Ja, j. Daar is baie blomme in die veld, ook in hierdie pond of eternity. Laat elkeen blom op sy/haar tyd; jouejy het op 8-08-2010 oopgegaan.

Ek bedink wat oom Ishkur gevra het.

  Ek wil voluit, voltyds, en met heelwat hulp en baie infrastruktuur die Neutraal-Christus boodskap baldadiglik uitdra; ek wil van elke bergtop af, van elke gebou se dak, vanuit elke publikasie, openbare medium, koerant, tydskrif, boek en preek die Neutraal-boodskap verkondig, saam met die aanbreek van die Goue DagNuwe Aarde/Mens luid en triomfantelik aankondig en uitbasuin:
Staan op! Staan op! juig, dans, sing en kom dan mee, stap oor die bre
diamant-streep ewenaar, saam met my en andere, na ons beloofde en uitligtende Nuwe Aarde, waar ons almal saam as een en as koninginne en konings sal leef/triomfeer. Kom ons haak in by mekaar en stap singend oor die lonkende ewenaar tot ons (die mens en ons) se lonkende ewenaar!

  S dit genoeg, oom Ishkur? Dra dit oor wat in my hart as grootse begeerte opborrel? Oukei, ek hoor jy vra ek moet meer persoonlik raak/wees. Goed ek sal.
 
  Ek wil gerieflik woon, met al die nodige kalmte, toerusting, company en hulp om voluit, rustig, uiters gelukkig en tevrede (content) my in totaliteit aan die Boeddha-skap en my uitlewing daarvan oor te gee; ek wil die baai van kalmte binnegaan, waar die Onsiende Een my sal kom haal/oplaai en my per 'rytuig' teen die ho berg uit sal neem, waar m drie wyse manne my sal kom verwelkom en tuis sal laat voelen die twee kruise; dan die groot kruis, dan dat ek die kruis teen die styl berg af dra na die wagtende trein die trein van die Christus-boodskap, wat pappas Boeddha en Jesus uit die watte van bewaring uitlig, sodat ek, en die span, en hulle wat by ons aansluit, en die diamanttrein hierdie koningsboodskap die wreld in kan neem.

  Blaas die trein se hoeter, oom Koos, laat die stoom uitspuit; kry alles ekstra perfeksie gereed, Oom Kwikkie; gaan die trajek na Sampie; kry die kospotte aan die gang, ouma Philippina en Anna; en sorg jy, Stan, dat alles in plek is vir die grootste treinrit van die mens se geskiedenis.
  Ja, laat dit so wees.
  Dit is wat ek soek en begeer, niks anders nie. Wag, gesondhied, fisiese krag, my vrou, hulp, geselskap, opbeurers, armomhooghouers; voldoende finansies en plek om alles te huisves.

  Maar die het jy mos reeds geskep in jou Nuwe Aarde.

  Ja, ja, jaa, ek het skoon daarvan vergeet.

  Dit is perfek daai, Aruan, jou en julle kosbare, stuk Nuwe Aarde. Dis daar, met jou goue koepelhuis en al. Laat dit so wees.
 
 Dankie.

  Ek moet iets gou drink en eet my kop draai. Ja, my kop draai. Maar ek voel puik, wonderlik, asof nuut.

Kopiereg van hierdie oorspronklike stuk/materiaal word streng voorbehou deur Skrywer. Enigeen mag egter die inhoud hiervan versprei of herpubliseer, op voorwaarde dat die volle teks gepubliseer word, met verwysing na Jeshua, die skrywer en bron.

Maak seker jy druk altyd REFRESH 3 keer ten einde die jongste weergawe te sien!

Enigeen is welkom om kommentaar te lewer, per E-pos, na aruan@nuwemens.co.za

Gaan na Ishkur-4
Inhoud-Ishkur-JaHWeH

Index