Eerste Oordraginge van "Jesus"
(soos ek hom toe nog genoem het.
 Met tyd het ek agtergekom dat "Jesus" die/s mities-metaforiese naam is,
  en dat hy Ander Kant toe al as Jeshua bekendgestaan het...
  en nou die naam Sananda aangeneem het)

Van Jesus 5 

Na Jesus1,2 en 3, het hy eers van Die Lig gepraat en toe oorgegaan tot “Verskeidenheid.”

Verskeidenheid

Soos die lewe, het die lig in ‘n verskeidenheid van vorme versprei. Laat die verskeidenheid julle nie verwar nie. Wees bedag op afbeeldinge van die Lig en die Ewige Son, maar wees veral bedag op misbruikmaking hiervan, vir die inspan van die Mag van die Ewige Lig vir eie skepsele-gewin.

Wees bewus en bedag daarop dat daar lewensvorme was, is en sal wees wat Ewige Lig aan hulle onderdanig sal wil maak, en sal hulle met mooiklinkende woorde en verpakkinge daarvan Ewige Lig in ‘n Osiriaanse kis wil toespyker, en dit tussen julle in, in ontelbare stukkies, laat dryf. Wees versigtig om nie ontroerd en aanbiddelik te raak oor stukkies van die Osiriaanse ongelooflikhede wat aan jul geloofslewenskuste uitgespoel het nie. Staar julle nie blind daarteen nie, maar kyk gedurig op na die liggewende son en vandaar na Ewige Son.

Onthou dat Die Lig almal s’n is, en dat die opgekapte, Osiriaanse oorskot weer aanmekaar gesit is: so sal julle deeltjiesgelowe ook nog eendag aanmekaar gesit word, en sal julle vanuit die Strand van die Lewe opkyk en terugkyk en besef dat Ewige Son nog al die tyd julle simboliese “Vader” is, maar ook julle “Moeder”…julle begin en julle einde.

En dan was daar Horus…

Jesus

16/6/05

Nota van Don: Omdat baie lesers nie die geskiedenis van Osiris ken nie, haal ek dit hier kortliks aan.

Osiris was een van die oertyd se Egiptiese godvaders. Sy vrou was Isis. Die mitiese verhaal loop so:  Sy broer, Set, het hom vermoor; sy liggaam in 14 stukke gekap, dit in ‘n kis gesit en in die Nyl af laat dryf, die see in.

Om die storie kort te maak, wyl hy dood was en sy lyk weg was, is sy vrou , Isis, glo deur sy “essensie” (“goddelik” in afleiding) bevrug, en is ‘n seun, Horus, “die Seun-van-God”, daaruit gebore.

Metterwoon het Isis die stukke van sy opgekapte lyk gevind en bymekaar gemaak; daar was egter een belangrike deeltjie kort, maar moet nou nie vir my vra watter deeltjie dit was nie, want groot gode van daai tyd het gereeld sonder daai ding of goetters opgeëindig, nn het dan weer tot lewe gekom…”uit die dood uit opgestaan”.

Terloops, hierdie “uit-die-dood-uit-opstaan” mite was nie vir die Egiptenare vreemd nie, ook Horus het El’Azarus uit die dood uit opgewek, en is Egiptiese hoëlui vermummifiseer, omdat daar geglo is dat ook húlle uit die dood uit sou opstaan. Ens.

Beide Osiris en Horus was met ‘n kruissimbool gesimboliseer, en het die bekende hot cross buns daaruit ontstaan. Horus, wat glo op ‘n koppie, tussen twee rowers, gekruisig is, was natuurlik hoofsaaklik deur ‘n arend gesimboliseer.

Uiteraard het wraak ook gevolg (Horus kom Set by), asook “opvaar” na die hemel en allerhande stories in hierdie verband.

© Kopiereg van hierdie oorspronklike stuk/materiaal word streng voorbehou deur Skrywer. Enigeen mag egter die inhoud hiervan versprei of herpubliseer, op voorwaarde dat die volle teks gepubliseer word, met verwysing na Jeshua, die skrywer en bron.

Omdat die inhoud van hierdie afdeling mag verander,  ook met byvoegings,
druk asseblief
REFRESH 3 keer elke keer as jy enige bladsy op ons werf besoek!

Enigeen is welkom om hier 'n vraag te vra, per E-pos, na aruan@nuwemens.co.za

Gaan na Deel 6

Gaan na Inhoud

Index